Raakvat Rugby!

Raakvat Rugby!

By Megafoon Sport!SportsRugby
Download on the App Store

Raakvat Rugby! episodes

  • S1E5 Ons kies ons eie Springbokspan! Stem jy saam?
    Die naweek is die laaste rondte van die Rugbykampioenskap. Suid-Afrika speel teen Argentinië en het nog 'n (baie) klein kans om die kampioenskap te wen as Australië 'n haas uit die hoed trek en die All Blacks klop - maar nou ja, dis wensdenkery. Ons bespreek dit en kies 'n span wat ons dink Saterdag teen die Pumas gaan kan uitdraf. Ons kyk ook na ander internasionale wedstryde want alles maak nou saak hier in die pylvak na die Wêreldbeker toe!
    29 min
  • S1E4 Hoekom Skotland ons belangrikste wedstryd gaan wees!
    Op die Springbokperskonferensie gister, het arigter Jacques Nienaber oop kaarte gespeel oor wat alles verleerd geloop het teen die All Blacks. Die afrigtingsspan strewe daarna om te alle tye objektief te bly en nie toe te laat dat emosies hulle denke beïnvloed nie, en voorsien dus nie enige drastiese veranderings nie. Hy bespreek die Springbokke se pad na die Wêreldbeker finaal en watter wedstryde in die toernooi werklik saak gaan maak.
    Ons bespreek al hierdie en nog wat Simon Riekert by die perskonferensie gehoor het, en of die Springbokke nog op die regte koers vir die Wêreldbeker is.
    22 min
  • S1E3 Suid-Afrika kry 'n onaangename verrassing!
    Die All Blacks het met windmakerspel die wind heeltemal uit 'n oorblufte Springbokspan se seile gehaal, en alhoewel ons teruggeveg het soos altyd, was dit alreeds te laat. Ons gesels met Simon Riekert oor wat nou eintlik verkeerd gegaan het, en ons stel ook 'n moontlike span voor vir die wedstryd teen Argentinië. Ons gesels ook oor skeidsregters en die belaglike straf wat Johnny Sexton, kaptein van Ierland, op die hals gehaal het. Ons praat vlugtig oor die Australië - Argentinië wedstryd en wat dit vir die Bokke kan beteken wanneer ons teen die Pumas speel.
    36 min
  • S1E2 Gaan skoppe ons die wedstryd kos?
    Die spanning loop hoog voor die naweek se wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke. Tegnies het die Springbokke laas in 2017 in Nieu-Seeland verloor en na laas naweek se oortuigende oorwinnings wat beide die Bokke en die All Blacks behaal het, is altwee spanne vol selfvertroue. Daar kan egter net een wenner wees, en die span wat hier met die louere wegstap gaan 'n sielkundige slag slaan voor die Wêreldbeker, so daar is enorme druk op beide spanne. Suid-Afrika het ook nie 'n erkende stelskopper nie en gaan die skopwerk verdeel tussen 'n paar spelers - nie noodwendig nie beste opsie nie!
    Ons gesels oor die twee Rugby Kampioenskap wedstryde die naweek en maak ons gebruiklike voorspellings - luister gerus!
    37 min
  • Dis 'n titaniese stryd wat wag op Loftus!
    Eddie Jones, Jacques Nienaber en Rassie Erasmus is almal bekend as uitgeslape afrigters. Elke aspek word in die fynste detail beplan en wanneer sulke rugbybreine teen mekaar getoets word, kan 'n titaniese stryd verwag word. Australië onder Eddie Jones is 'n relatief onbekende faktor, terwyl die Bokke die voordeel van kohesie het en dat hulle mekaar baie goed ken!
    32 min

About Raakvat Rugby!

From the publisher's feed

By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in.