Op die Springbokperskonferensie gister, het arigter Jacques Nienaber oop kaarte gespeel oor wat alles verleerd geloop het teen die All Blacks. Die afrigtingsspan strewe daarna om te alle tye objektief te bly en nie toe te laat dat emosies hulle denke beïnvloed nie, en voorsien dus nie enige drastiese veranderings nie. Hy bespreek die Springbokke se pad na die Wêreldbeker finaal en watter wedstryde in die toernooi werklik saak gaan maak.
Ons bespreek al hierdie en nog wat Simon Riekert by die perskonferensie gehoor het, en of die Springbokke nog op die regte koers vir die Wêreldbeker is.