Raakvat Rugby!

Raakvat Rugby!

By Megafoon Sport!SportsRugby
Download on the App Store

Raakvat Rugby! episodes

  • S1E14 Was Farrell 'n Springbok, was sy Wêreldbeker verby!

    Die groot gegons die naweek was nie oor die rugby nie, maar oor Owen Farrell wat kort voor die Wêreldbeker 'n rooi kaart gekry het. Hy het reeds jare 'n reputasie vir sy skouerlope (ons onthou nog die Andre Esterhuizen sage) en hy behoort na regte 'n groot gedeelte van die Wêreldbeker te mis. Die vraag is egter nou of Wêreldrugby konsekwent gaan wees en hom skors soos dit hoort, en of hulle weereens met 'n truuk of twee vorendag gaan kom om seker te maak hy mis nie die toernooi nie.
    Ons gesels hieroor en ook oor die naweek se uitslae en die wilde beweringe rondom Handre Pollard en die ander beseerde Springbokke.

    18 min
  • S1E13 Wat is die storie met die weglatings?!

    Ons het 'n dag of twee gewag vir die stof om te gaan lê voor ons die Bokgroep bespreek het. Ons gesels lekker oor die groot geleentheid toe die groep aangekondig is, oor Lood se skielike siekte en dan gee ons ons menings oor die groep en wat ons dink agter die skerms aan die gang is.
    Luister gerus en laat hoor van jou!

    28 min
  • S1E12 Ons het 'n paar onkonvensionele voorspelerkeuses gemaak!

    Ons voorspelerkeuses is effens kontroversieël, maar ons glo ons keuses sal die Bokke kan help om die beker suksesvol te verdedig. Die groot vraag na ons mening is wie van Franco Mostert of Jean-Luc du Preez die jawoord moet kry. Kyk wat ons dink hieroor en watter ander idees ons het.
    Ons hoor graag wat julle dink van ons keuses, waar ons raakvat en waar ons mistas, maar ons dink hierdie is 'n goeie, gebalanseerde span.
    Moenie dit misloop nie!

    12 min
  • S1E10 Kies my Coach, kies my!

    Die Springbokke het bo verwagting goed gevaar teen Argentinië en op die ou end 'n gemaklike oorwinning behaal. Dit nou ten spyte van die laslappie voorkoms van die span en 'n vyandige skare! 'n Hele paar spelers het hulle hande hoop in die lug opgesteek om die afrigters se aandag te trek, met Canan Moodie aan die voorpunt, wat natuurlik vir 'n paar nuwe kopsere gaan sorg!
    Ons bespreek hierdie en die ander internasionale opwarmingswedstryde van die afgelope naweek. In ons volgende video kies ons ons groep agterspelers vir die Wêreldbekergroep, en dan later ons voorspelers ook - kyk uit vir dit!

    15 min
  • S1E9 Gaan die Pumas die Bokke opvreet en uitspoeg?

    Argentinië het naelskraaps verloor teen 'n baie goeie Springbokspan laas naweek, en hulle is vasbeslote om hierdie naweek in Buenos Aires die bordjies te verhang! Jacques Nienaber het 'n klomp spelers 'n laaste kans gegee om vir 'n plek in die Wêreldbekergroep te kompeteer, so die span gaan waarskynlik sukkel met kohesie. Gaan die Bokke die Pumas se verwoede aanslag kan afweer?

    29 min

About Raakvat Rugby!

From the publisher's feed

By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in.