
Sign up to save your podcasts
Or


Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.
Die Here is ons Rots en veilige vesting by wie ons altyd kan skuil in alle omstandighede, maar ook in die storms van ons lewe, want Hy is getrou. Psalm 61 is 'n klaaglied van David waarin hy die Here smeek om Hom te lei en te beskerm terwyl hy in nood verkeer, wegkruip en vlug vir sy vyande. Ons mag uitroep na God in ons vrees en benoudheid net soos David, en God gee ons die beskerming wat Hy regdeur Sy woord aan ons belowe. Mag ons dan ook tot die Here sing, en God vereer vir Sy goedheid dag na dag.
Die aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van 'n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt inneem en grond wen vir die koninkryk van God? Wat kan christene in Suid-Afrika doen om die sonde van aborsie teen te staan? Ons oorwinning lê in die woord van ons getuienis en in die bloed van die Lam … soos vir ons opgeteken in Openbaring 12:11.
Scriptura gesels in Junie 2022 se perspektief opname oor twee onderwerpe. Eerstens, die Covid-19 inperkings en maatreëls wat nou weggeneem is, en dan die godslasterlike transgender revolusie wat chaos op alle vlakke van die samelewing veroorsaak.
Ons hoop is in Christus en in hierdie episode kyk Scriptura na die teenwoordigheid van die Here. Die Here is vir ons 'n wegkruipplek, die Here loop vir ons voor en lei ons, en die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid. Die Psalms is vol van hoop en verwagting op die redding van die Here, en Hy stel nooit teleur nie. Psalm 42 en Psalm 43 loop saam, en laasgenoemde se opskrif lui "Hoop op God!" En vers 2 gee die rotsvaste rede, "want U is die God van my toevlug….". In die gebed roep die psalmdigter uit na God om in te gryp in sy donker toestand. God is naby en kragtig, en die digter vertrou dat alles van God afhang. En dan konfronteer hy weer sy eie siel om op God te hoop, "want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!" Hy plaas sy vertroue op God, op wie ons mag hoop en na wie ons kan opkyk, in alle lewensomstandighede. Immannuel - God met ons. Sy beloftes en teenwoordigheid is vas, en Hy red Sy kinders tot eer van Sy naam en Sy koninkryk.
Ons hoop is in Christus, en ons sien uit verskeie skrifgedeeltes dat God absoluut soewerein is. In hierdie episode lees Scriptura Romeine 8:28-39, en bespreek God se soewereine raad en God se onveranderlike liefde vir Sy kinders. God het 'n groot raadsplan, en Sy soewereiniteit strek tot voor ons redding. Ons gaan deur beproewings en heiligmaking, maar God se onveranderlike liefde is ons vaste versekering dat Hy alles beheer. Ons kan rus in die wete dat Hy ons red, want ten spyte van ons sonde het God sy Seun vir ons geoffer. Ons is dus meer as oorwinnaars omdat Christus oorwin het. en omdat ons self swak is en so ver tekort skiet, tree die Heilige Gees self vir ons in by God. Skrifverwysings: Job, 1 Kor 15, Jak 2, Heb 12, Heb 4, Joh 14-16. Verwante episodes: https://www.scriptura.co.za/2021/09/luisteraarsvrae-god-se-soewereiniteit/ https://www.scriptura.co.za/2020/10/stephan-joubert-se-onbybelse-siening-van-god-se-soewereiniteit/ https://www.scriptura.co.za/2020/04/luisteraarsvraag-glo-ons-die-mens-het-n-vrye-wil/. Aanbieders: Jaco de Beer en Gerhard van Rhyn
Scriptura bespreek drie nuusgebeure wat skerp reaksie uitgelok het die afgelope maand vanuit 'n christelike perspektief: 'n blanke student wat op 'n swart student se besittings urineer het op die Stellenbosch kampus, die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl kom in gedrang, en laastens die massamoord by 'n laerskool in Texas. Skrifverwysings: Hand 17, Ef 2:11-22, Joh 17, Joh 10, Rom 1, Skakels: Todd Friel/Wretched Radio: https://youtu.be/PJg3DGBfrw4. Aanbieders: Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn
"Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut."" Openbaring 21:4-5. Skrifverwysings: Rom 5:1-10, Hand 13, Heb 12, Rom 8, II Kor 4 en 5, Ef 1, Petrus, Op 21:4. Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jonker Venter.
Ons het 'n lewende hoop, want ons is saam met Christus opgewek. Ons het 'n erfenis wat nie vergaan nie, en ons word bewaar. En ons kan ook in blydskap leef, want ons swaarkry is sinvol en ons is reeds verlos. Skrifverwysings: 1 Pet 1:1-9, Matt 6, Heb 11:13, 1 Kor 15, Ps 23, 1 Tess 4, Joh 14, Dortse leerreëls hs 5 par 9-10, 2 Pet. Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer.
Die Here gee vir gelowiges wysheid om te volhard deur beproewings. Beproewings toets ons, versterk ons, leer ons en help ons om op die Here te vertrou vir alles, omdat Hy ons goeie Vader is en Hy dit so bewerk met spesifieke redes as deel van 'n baie groter plan vir Sy kerk. Skrifverwysings: Jak 1:1-8, Heb 2, Rom 8:28, Jak 1:13, Heidelbergse kategismes Vr en Ant 127 – 6de bede, 2 Tim 4:7, Ps 121, Heb 4, Heb 10-12, Ps139, 2 Kor 12:9, Op 2, Job, Luk 7:19. Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer
From the publisher's feed