Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Perspektief: April 2022

    Scriptura bespreek Disney se jare lange veldtog om sexuele verwarring en sonde te normaliseer. Hul LGTBQ agenda is onthul en bevestig dat hulle die leuen ondersteun en bevorder, ten koste van die siele van ons kinders. Wat staan ouers te doen? Verder kyk Scriptura na die transaksie waarin Elon Musk die sosiale media platvorm, Twitter, koop. Hy wil dit transformeer om totale onbeperkte vryheid van spraak te bevorder. Wat hou vryheid van spraak vir die christen in, en wat is die moontlike slaggate? Skrifverwysings: Kol 2:1-4, Ps 19, Ef 4. Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Jonker Venter

    36 min
  • Ons hoop in Christus - Ons hemelse seëninge

    Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Efesiërs 1:3-14 bevestig vir ons dat ons hoop in Christus vas staan, maar ook dat al die geestelike seëninge vir ons gegee is. Skrifverwysings: Ef 1:3-14, Matt 6, Heidelbergse Kategismus Sondag 1, Fil 1:6, Deut 7:6, Jes 40:1-3, Rom 6, Kol 2, Joh 15, Ps 43, Matt 7, 1 Kor 12:9, Rom 5. Aanbieders: Jonker Venter, Jaco de Beer.

    48 min
  • Die Erediens - Gereformeerde aanbidding en sakramente

    Volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33, is die sakramente vir ons ingestel om God se beloftes aan ons te beseël, en om as tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te dien. Dit moet ons geloof voed en in stand hou. Die doop en nagmaal is sigbare tekens en seëls van 'n inwendige en onsigbare saak: God werk daardeur in ons met die krag van sy Gees. Die tekens is van God af en die inhoud is belangrik, en sonder om te mislei, is hulle waarheid geleë in Jesus Christus, sonder wie die sakrament heeltemal betekenisloos is. Skrifverwysings: Nederlandse geloofsbeleidenis artikels 33-35, Heidelbergse Kategismus Sondag 25-30. Aanbieders: Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Marnix Boersema

    51 min
  • Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke?

    Luisteraarsvraag: Selfhelpboeke?

    "Visit many good books, but live in the Bible." het Charles H. Spurgeon gesê. Wat is selfhelpboeke? Hoe verstaan ons heiligmaking? Hoekom is daar 'n toename in gewildheid van selfhelpboeke? Sekulêre selfhelpboeke en christelike selfhelpboeke. Is daar 'n leemte in die kerk, prediking en praktiese applikasie? Wat is die Bybelse perspektief op selfhelpboeke? Kan ons dit gebruik vir algemene raad of geestelike raad? Wat is die fokuspunt van die selfhelpboek? Skrifverwysings: Spreuke, nuwe testament briewe van Paulus.Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn

    31 min
  • Die Erediens: Gereformeerde aanbidding en liturgie

    Hoe lyk dit as die liggaam van Christus saamkom om in die gereformeerde kerk te aanbid? Wat is gereformeerde liturgie, wat is die orde van hierdie vergadering en wat is die redes vir hierdie soort aanbidding? Definisie van liturgie - Hoe moet ons aanbid? Liggaam van Christus aanbid saam. Ons lees die Woord en wet van God. Ons beoefen verbondsmatige aanbidding. Wat is die belangrike elemente van gereformeerde liturgie. Wat is die doel van sang - skrifberymings en psalms. Hoekom lees ons die wet? Die predikant lei gemeente in aanbidding. Slotlied, uitstuurseën en amen. Skrifverwysings: Heb 10:9, Heb 12:29, Op 4 en 5, 1 Kor 14, Ef 4, Neh 8, Op 4:11, Heb 4, Op 7, Ps 124, Kol 3, Ps119, 1 Joh, Eksodus, Rom, Heidelbergse kategismus, Mat 7, Mat 18. Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema

    58 min
  • Perspektief: Maart 2022

    Jan-Louis Lee voer 'n onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die dwaalleer van homoseksualiteit in die NG kerk, en wat die dollerende kerke en Kairos nou daaraan doen. 00:00 Perspektief Maart 2022 00:45 Ds Dubois du Toit oor homoseksualiteit in die NG kerk 10:50 Wat doen die kerk hieraan? 35:07 Wat moet lidmate doen? 45:00 Wat is gereformeerdheid, en hoekom is ek gereformeerd?

    https://www.glodiebybel.co.za/persverklaring-kairos-netwerk-reageer-op-besluite-deur-sinode-van-namibie-2022-03-22/

    54 min
  • Die Erediens: Bybelse prediking

    00:40 Sentrale element van die erediens - bybelse prediking 03:07 Mandaat van bybelse prediking 12:40 Wat is die taak van die prediker? 15:30 Hoe lyk 'n skrifgetroue preek? 24:18 Insig van die Heilige Gees 33:24 Christosentriese inhoud 42:58 Preek die volle raad van God 46:18 Berei jouself voor vir die erediens Skrifverwysings: Rom 10:8, Hand 9:22, 6:9, 1 Kor 2, Psalm 1, Joh 15, Dordtse leerreëls, 1 Tim 4

    57 min
  • Die Erediens: Wat is 'n erediens?

    Die erediens is al in die Ou Testament ingestel as die heilige vergadering van God waarin Hy sy kinders oproep om Hom te aanbid. Dit is die weeklikse vergadering van God met Sy kinders om gesamentlik op 'n Sondag te ontmoet om die Woord te hoor en so deur Hom geseën te word met Sy teenwoordigheid, Sy woord en Sy rus. Die erediens is ook die plek waar gelowiges herinner word aan die wet van God, en gee ons die bevestiging van Christus se genadige verlossing van ons sonde. Die aanbidding van ons God vind plaas soos die skrif dit bepaal, onder die ordelike leiding van die kerk se offisiële ampdraers, en bevat altyd die suiwer prediking van die Woord. Die erediens is God se geskenk aan gelowiges, omdat dit ons geestelik voed en die seëning van 'n geloofsgemeenskap as ondersteuning bied. 00:00 Die Erediens: Wat is 'n erediens? 02:20 Oorsig uit Ou Testament 14:30 Oorsig uit Nuwe Testament 24:57 Wat is die fokus van die erediens? 33:20 Wat is die doel van die erediens? 35:26 Vir wie is die erediens? 37:10 Waarom beveel die Here dit? 39:54 Hoekom op 'n Sondag? 44:49 Bepaal my lus my kerkbywoning? 50:51 Virtuele erediens is 'n skynwerklikheid Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer

    54 min
  • Perspektief: Februarie 2022

    00:00 Perspektief Februarie 2022 02:37 Oorlog - Rusland en Oekraïne: Christene se perspektief op oorlog, en bybelse lig op die komplekse situasie. 25:45 CSE of Omvattende Sexopvoeding: Basiese onderwys sillabus bevat Lewensorientering met onvanpaste, seksuele inhoud, en so besmet seksuele perversiteit ons kinders se opvoeding. Skrifverwysings: Psalm 146 beryming - moet op prinse nie vertrou nie..., Matt 24, Luk 22, Johannes 8, Rom 13, 1 Tim 2:2 Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn

    50 min
  • Dissipelskap: Toerusting en Praktyk

    Dissipelskap - Toerusting en Praktyk

    Jesus Christus het vir sy eie dissipels die opdrag gegee in Mattheus 28:19, en gesê: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Elke christen is 'n dissipel, en het 'n belangrike taak om dissipels te maak. Daar is net een Redder en daar is net een Hoop: ons het die besondere opdrag van God ontvang om die liefde van Christus met almal om ons te deel, en so kan hulle ook tot geloof kom en gered word. Daarom is die kerk ook deur Christus daargestel om elke kind van God te leer en te lei, en deur die Woord op te bou in geloof tot geestelike volwassenheid; 'n proses van dissipelskap onder goddelike leiers.

    00:00 Dissipelskap - Toerusting en Praktyk 03:50 Alle christene is dissipels 07:24 Kerkraad moet God se gesag bedien 10:32 Leer ander mense om Jesus te volg 13:30 Volg jy Hom? 16:00 Mentorskap 27:08 Bybelse begeleiding teenoor dieselfde geslag 35:40 Sentrale missie - gehoorsaamheid aan Christus 41:00 Belê tyd in mense - wend tegnologie wys aan

    Skrifverwysings: Matteus 28, 1 Petrus 5, 1 Timoteus 3

    Aanbieders: Jonker Venter en Marnix Boersema

    45 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…