Scriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar. Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering vir eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie.
Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."
Lê daarom liewer jou lewe af vir Christus en vir die koninkryk van God. Aanbid en verheerlik Hom, ons Skepper God, bo alles. Hy wat die dood reeds oorwin het en alle mag oor alles het. Hy wat ons vrygekoop het van sonde en dood, sodat ons nie aan die verganklike kort lewe en ons misleidende hartsbegeertes uitgelewer is nie, maar 'n vaste hoop op die ewige lewe kan hê.
00:00 2021 in Perspektief 01:25 "Transgender" agenda en die geslagskwessies 07:20 God se skepping - man en vrou 09:45 Identiteitskrisis onder kinders 11:55 Seksuele revolusie 16:08 Wat is die waarheid oor geslag? 16:55 Hoe leer die publieke skoolkurrikulum? 18:42 Keer terug na die basiese Bybelse beginsels 19:20 Covid regulasies van regering vir eredienste 19:25 God se wette bo die staat se covid regulasies 21:10 Stryd in die kerk 24:49 Wat beteken kerkwees in hierdie tyd? 26:42 Oorvergeesteliking van ons geloof 28:44 Twee virusse: covid en die magvirus 29:28 Semper reformanda 30:36 Beelde en sakramente in die Bybel is konkreet en tasbaar 33:02 Waarvoor is ons werklik geroep? 34:56 Te "versigtig" om kerk toe te gaan? 36:10 Dubbelhartigheid 37:05 Doodsvrees het mense wêreldwyd beetgepak 38:30 Vrees vir die dood 39:23 Illusie van beheer oor die dood 41:19 Wat beteken naasteliefde? 42:40 Jesus het die dood oorwin 44:30 Ons werklike roeping 46:08 Neem jou kruis op en volg Jesus 47:50 Normale sosiale interaksie word gekriminaliseer 51:07 Ons behoort aan Christus in lewe en in sterwe
Teksverwysings: Rom 1 en 13, Deut 6, 2 Joh, Daniel, 1 Kor, Heb 2:14-15, Fil 1, Jon 11, Mark 8, Apostoliese Geloofsbeleidenis. Skakels: http://www.scriptura.co.za/2018/08/huwelik-en-gesin-die-satan-se-stille-aanslag-op-die-kerk/ http://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/ http://www.scriptura.co.za/2021/09/et-cetera-september-2021-week-3/ https://semperreformanda.co.za/ https://www.youtube.com/watch?v=m2HOjrpP9yk http://www.scriptura.co.za/2021/01/perspektief-januarie-2021-eredienste-en-huidige-regulasies-van-die-regering/
Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn en Marnix Boersema