Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • New Age

    Die New Age Beweging is nie 'n godsdiens of instansie nie, maar 'n "nuwe manier van dink". "New Agers" soek na spiritualiteit, maar wil hulself nie onder die gesag van die Woord onderwerp nie. Die beweging is nie beperk tot 'n spesifieke geloof of denominasie nie, maar infiltreer alles om ons: Gemeentes, boeke, media ens.

    In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al 'n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.

    39 min
  • Riglyne vir gesprekke met Jehova Getuies

    Dalk het jy al 'n Jehova Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna.

    Ons het jou hulp nodig om die boodskap te versprei - gebruik asb. deel-knoppies op hierdie artikel, om die episode te versprei!

    52 min
  • Romantiese verhoudings met ongelowiges

    Marnix, Jan-Louis en Gerhard gesels oor hierdie moeilik onderwerp: is dit goed (is dit reg?) vir 'n gelowige om 'n romantiese verhouding met 'n ongelowige te begin?

    Hierdie is 'n baie moeilike onderwerp, juis omdat dit so emosioneel is. Daar is ook heelwat probleme hieraan verbonde en ons besef dit wanneer ons hieroor gesels. Hierdie episode vorm net eers 'n basis, 'n Bybelse grondslag vir verdere gesprek rondom romantiese verhoudings tussen gelowiges en ongelowiges.

    16 min
  • "Jy mag nie oordeel nie?!"

    Ons gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif ons opdrag gee om wél te oordeel, maar nie te veroordeel nie. Ons moet juis oordeel, want ons moet onderskei en Christusgesentreerde besluite neem. Ons moet die waarheid bewaar en bevorder, maar die leuen beveg. As ons nie kan oordeel nie, is ons nie meer aanspreeklik vir mekaar nie. So val die hele fondasie vir broederlike liefde en tug ook inmekaar. Ons moet juis weer leer om reg en gelowig te oordeel!

    29 min
  • Geestelike Oorlogvoering

    Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak of te min daarvan, of te veel. Die Bybel praat wel van iets soos geestelike oorlogvoering, maar deesdae hoor mens soms dat jy bv. 'n "generasie vloek" moet verbreek. Of, 'n mens dra vloeke en seën deur middel van voorwerpe oor. Luister hoe ons oor hierdie tipe vrae en meer gesels.

    34 min
  • 3Minute1Woord | SKYNHEILIG
    HYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite Soos in Mattheus 23 In kort, dui hypokrites vir ons op 'n persoon wat:
    • agter 'n masker lewe
    • dubbel-standaarde handhaaf en
    • liefdeloos en onvolwasse in die geloof is
    4 min
  • Moet ons vas?

    Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar 'n plek en 'n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?

    22 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…