
Sign up to save your podcasts
Or


Hierdie is die vierde episode in Radio Scriptura se reeks oor die huwelik.
Baie keer fokus ons so op die troudag, dat ons vergeet om te dink oor wat daarna gebeur... Wat as daar konflik kom? Of ander uitdagings? Hoe hanteer ons dit as ons huwelik in krisis is? Is dit normaal? Is daar hoop? Wat as my huwelik reeds op egskeiding uitgeloop het?
In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle.
Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se "onderdanigheid" en dat sy 'n "hulp" is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).
Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief.
In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook 'n luisteraars-vraag: "Moet ek stem?".
Hierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man.
Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se "baas"?
In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik - met 'n spesifieke fokus op die rol van die man.
Hierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik.
Jan Louis Lee (Gasheer) gesels met Marnix Boersema en Gerhard van Rhyn oor die basis van die Christelike huwelik.
Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.
Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel.
In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. 'n paar reekse, boekbesprekings en ook 'n nuwe program: Perspektief!
Dit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis!
In hierdie episode gesels Marnix met Jan-Louis en Jonker oor die praktyk van verassing (lykverbranding) vanuit 'n Christelike perspektief.
In hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit 'n Reformasie?
Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse "It's Time" geleentheid van oom Angus.
Die gawes van die Heilige Gees is 'n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis!
In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.
From the publisher's feed