Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Luisteraarsvraag: Israelvisie

    In hierdie episode gesels ons oor die gevaarlike dwaalleer van die Israelvisie. Hierdie beweging beklemtoon veral die verlossing van sekere rasse. Dit is daarom baie aanloklik vir mense wat lief is vir hulle eie volk en taal.

    30 min
  • Perspektief: Junie 2019

    In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Junie-maand vanuit 'n Christelike perspektief.

    Die fokus gebeure van hierdie maand se episode is:

    -Junie maand: Gay maand (Pride month).

    Die sistematiese manier waarop ons beinvloed word deur die media.

    -Die staatsrede / Munisipaliteite wat onderpresteer.

    Is daar nog hoop vir ons in so 'n land?

    -Christina Landman se uitlating oor "Fresh Expression" kerke in Switzerland.

    Moet ons ook begin "koffie-kroeg"- en "rock en roll"- kerk hou?

    49 min
  • Gejaagdheid

    Ons leef in 'n tyd waarvan dit bekend is dat ons lewens meer gejaagd is as bv. die van die generasie voor ons. Dit word selfs in party opsigte 'n "status simbool" as 'n mens kan wys hoe besig jy is, en hoe baie goed jy doen.

    Die meeste van ons se "tydbegrotings" is dikwels in die rooi, en 24uur is net te min vir alles wat in ons dag moet gebeur.

    In hierdie episode fokus ons op die konsep van "gejaagdheid".

    35 min
  • Luisteraarsvraag: Lectio Divina

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag rondom Lectio Divina. Wat is Lectio Divina? Is dit Bybels? En is dit iets wat ons as Christene moet praktiseer?

    Ons kyk na hoe ons as Christene God se woord behoort te gebruik.

    Minuutmerkers:

    4: 08 - Wat is Lectio Divina?

    12: 27 - OnBybelse beginsels van Lectio Divina

    18:15 - Hoe moet ons as Christene die Skif gebruik?

    34 min
  • Finansies: Finansiële stres

    Hierdie is die twee episode in ons reeks oor Finansies. In die eerste episode het ons gepraat oor "Rentmeesterskap". Kliek hier indien jy dit dalk gemis het.

    In hierdie episode gesels ons oor finansiële stres - wanneer dit dalk minder goed gaan met jou finansiële posisie.

    Hoe kry ons dit reg om in sulke omstandighede op die Here te vertrou, sonder om ons eie plig te versuim? Watter hoop en uitkoms is daar? Beteken dit dalk dat daar 'n sonde in my lewe is waarvan ek moet afsien - is dit 'n straf van die Here?

    32 min
  • Perspektief: Mei 2019

    Mei in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor:

    -Star Wars Produksie-vervaardiger wat 'n donasie wil gee vir die pro-aborsie saak (2:40)

    -Disney se "gay parade" wat begin Junie afgespeel het (12:55)

    -Multichoice en die gebeure daaraan verbonde (22:22)

    48 min
  • Sabbatdag, Rusdag, Ewige Rus

    In hierdie episode bespreek ons die vierde gebod. Wat is die implikasie van hierdie gebod vir gelowiges vandag? Moet ons Sondae steeds as 'n sabbat hou?

    Ons kyk eerste na die betekenis en instelling van die Sabbat in die Ou Testament. Daarna bespreek ons die betekenis van die Rusdag vir gelowiges vandag. Laastens kyk ons na die dieper betekenis van die dag - die Ewige Rus wat daar vir die Here se kinders voorlê.

    27 min
  • Luisteraarsvraag: Verstaan die Bybelse wette

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag rondom die klassifikasie van die Bybelse wette.

    Ons kyk watter wette nog bindend is vir gelowiges vandag, en ook hoe wetsonderhouding inpas by die Boodskap van die Evangelie.

    37 min
  • Luisteraarsvraag: Lotery

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraarsvraag:

    "Is lotjies trek ("raffles") sonde? Die Bybel sê nie direk iets hieroor nie? Wat van dobbel?"

    Ons kyk na die werping van die lot in die Bybel, dan gesels ons oor lotjie-verkope (bv. vir 'n kerk se fondsinsameling), en laastens gesels ons oor die Nasionale Lotery.

    23 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…