
Sign up to save your podcasts
Or


Hierdie is die tweede episode in die reeks oor "Identiteit". Ons vra die vraag: Wie sê die Here is ek?
Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor "Identiteit". En in die episode vra ons die vraag: "Wie is ek?"
Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: "wie is ek?"
Dit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme.
Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem? Hoe sou ons deelname daaraan lyk? (03:20)
Wat sê die Skrif oor opstand teen die regering, en hoe behoort gelowiges op te tree teenoor 'n goddelose regering? (17:38)
"Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel" Rom 13:1
Radio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik.
Vandag wil ons as't ware terugkeer na die bron. Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: "Sola Scriptura". Alleen die Heilige Skrif.
In hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as 'n wêreldbeskouing.
Wat is 'n wêreldbeskouing en hoe lyk 'n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om 'n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.
Ons leef in 'n wêreld waarin daar soveel verskillende stemme opgaan oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Bv. 72% Persent van Suid Afrika se inwoners noem hulself "Christene"
Daarom kyk ons in hierdie episode na wat dit beteken om 'n ware Bybelse Christen te wees - en hoe die lewe van so 'n persoon lyk.
In hierdie episode beantwoord ons twee luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Die eerste vraag het te make met tatoes/ "piercings", terwyl die tweede een oor orgaanskenking gaan.
In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit 'n Bybelse perspektief.
Die fokus van hierdie maand se episode is:
01:24 Afvalligheid van die Gereformeerde geloof: Joshua Harris, Mark Driscoll en Francis Chan 29:11 'n Nuwe huwelikswet vir Suid AfrikaIn hierdie episode beantwoord ons twee luisteraars se vrae:
Mag 'n mens na goeie goed van valse leeraars luister? Game of Thrones - behoort Christene na hierdie soort stories te kyk?
Ons gesels in hierdie episode oor uitbranding. Uitbranding is 'n Chroniese- en werkverwante stres. Dit lei dan dikwels tot 'n gevoel van doelloosheid. Uitbranding kom vandag al hoe meer voor weens die hoë druk waaronder ons verkeer.
From the publisher's feed