Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Wie is God: God het 'n Raadsplan

    In hierdie episode werp ons die lig daarop dat God 'n raadsplan het. Ons wil in die episode nie net kyk na feite rondom God se raadsplan nie, maar ook wat die implikasie daarvan vir ons as gelowige kinders van God is.

    32 min
  • Perspektief: Januarie 2020

    Onlangse nuusgebeure in Perspektief:

    1. Pres. Ramaphosa se toespraak op 16 Desember 2019 2. Sosiale Media en PTSD ("Post Traumatic Stress Disorder") 3. Australië veldbrande en Coronavirus

    35 min
  • Wie is God: God is Drie-Enig

    'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie.

    Ken jy die Here? In hierdie reeks kyk ons hoe God Homself aan ons in die Skrif openbaar.

    Hierdie eerste episode handel oor die Drie-Eenheid van God.

    34 min
  • Immanuel: God met ons: Jesus ons Advokaat

    Hierdie is die laaste episode in ons "Immanuel - God met ons!"- reeks. Ons kyk spesifiek na wat dit beteken as ons sê dat Jesus ons Advokaat is.

    MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. (1 Johannes 2:1)

    38 min
  • Immanuel: God met ons! Jesus ons Verlosser

    Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte:Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte:

    1. Tipes van Christus in die Ou Testament (3:00)
    2. Jesus ons Volkome Verlosser (12:10)
    3. Jesus ons Enigste Verlosser (20:06)
    32 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…