
Sign up to save your podcasts
Or


In hierdie Facebook-uitsending het ons spesifiek gesels oor die werking van die Gees in gelowiges.
"En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees." Joh 14:16-17
Ons het 'n direkte uitsending op Facebook uitgesaai en gesprek gevoer oor die nuwe sameswerings teorieë wat veral nou tevore kom tydens hierdie Covid19 tydperk. Wat moet ons as gelowiges maak met hierdie teorieë?
Hierdie is die laaste episode in ons reeks oor die deugde van God. Ons gesels oor God wat liefde is.
Hierdie was 'n direkte uitsending op Facebook oor luisteraarsvrae wat ons ontvang het oor die uitverkiesing, die verbond en die doop. Daar is heelwat aspekte waaroor ons nie gesels het nie (baie moet nog gesê word!), maar ons het probeer om 'n paar sake vanuit die Skrif oor díé onderwerpe te belig.
Hierdie is ons eerste direkte uitsending waartydens ons gesels oor Nagmaal wat oor die internet gevier word. Ons gesels ook oor 'n luisteraarsvraag wat ons baie kry, nml.: "is spreek in tale (onverstaanbare tale) Bybels?"
Ons gesels in hierdie episode slegs oor die COVID-19 Pandemie - juis omdat daar soveel vrae en onsekerheid onder mense en selfs Christene heers.
In hierdie episode gaan dit daaroor dat God in die Bybel beskryf word as 'n jaloerse God. Wat beteken dit dat God jaloers is? Is dit dieselfde as ons algemene menslike siening van jaloesie?
'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie.
In hierdie episode werp ons die lig spesifiek op twee besondere deugde van God: Sy regverdigheid, maar ook sy barmhartigheid.
Wat bedoel ons met God se regverdigheid en sy barmhartigheid? Staan hierdie twee eienskappe teenoor mekaar?
Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief:
1. Steven Spielberg se dogter, Mikaela, wat haar bekwaam as 'n Pornografiese Aktrise (01:39)
2. Beloftebos: Weier dat 'n selfdegeslag paartjie by hulle trou (11:21)
3. Bouwer Bosch se meningstuk op Netwerk24 oor "Jesus en sy donkie wat Sparkling water drink". (21:19)
Oral oor sien ons die verskynsel dat mense "Lent" vier. Selfs al hoe meer kerke in Protestantse kringe val nou ook by hierdie gebruik in. Wat is Lent en hoe moet ons daarna kyk in die lig van die Skrif?
From the publisher's feed