Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Luisteraarsvraag: NASA en Lewe op Mars
    1. Wat is die vernaamste rede waarom NASA mense na Mars wil stuur? (05:45)
    2. Is hulle motief dalk om te bewys dat die Evolusie-leer waar is? (31:33)
    3. Stel mense wat aansoek doen om deel te neem hieraan hulle lewens in gevaar?
    4. Moet Mars "bewoon en bewerk" word? (14:00)
    5. Is die geskiedenis van die mense se onkunde en eie idees nie besig om homself te herhaal nie (Soos met die toring van Babel)? (25:10)
    44 min
  • Eskatologie: Merk van die dier

    "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het." Openbaring 13:16-17

    50 min
  • Eskatologie: Duisendjarige Vrederyk

    Die "Duisendjarige Vrederyk" is 'n konsep waaroor daar al baie gedebatteer is. Daar is ook klomp verskillende sieninge oor wat dit beteken.

    Is dit 'n "letterlike" duisend jaar waarna hier verwys word? Hoe moet ons hierdie gedeelte in Openbaring verstaan?

    34 min
  • Eskatologie: Oorsig

    Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks wat handel oor Eskatologie. Eskatologie is die Bybelse leer oor die laaste dinge, die wederkoms van ons Here en die dinge rondom die eindtye, soos dit o.a. in die boek Openbaring geopenbaar word.

    In hierdie episode kyk ons eers oorsigtelik na die vier groot sieninge wat daar oor die eindtyd bestaan. Ons gesels ook oor waarom dit vir ons belangrik is om oor die eindtyd te praat en te dink.

    56 min
  • Perspektief: April 2020

    Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief:

    1. Doelbewuste kinderloosheid

    2. Gesinsgeweld wat toeneem in die grendeltyd

    56 min
  • Luisteraarsvraag: Hoekom dien ons die Here / Voorspoedsteologie

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die voorspoedsteologie.

    Wat is ons motiewe om die Here te dien - is dit vir persoonlike gewin? Hoekom gebeur dit dikwels so dat die kerke leeg is wanneer dit goed gaan met ons, maar wanneer die swaar tye kom soek almal weer die kerk op?

    Ons gesels oor bekende voorspoeds-teoloë soos Kenneth Copeland. En kyk ook die idees van voorspoedsteologie dalk onwillekeurig in ons gedagtes ook begin posvat.

    41 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…