
Sign up to save your podcasts
Or


April in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor:
Wat is depressie? Is dit iets waaraan ek ly?
In hierdie episode bou ons voort op die episode oor "Hopeloosheid" en gesels oor spesifiek oor "Depressie".
Dit kan dalk gesien word as die oortreffende trap van hopeloosheid. Jy voel of jy in 'n diep donker gat is en weet nie of daar weer lig sal kom nie.
Ons wil nie net gesels oor wat depressie is nie, maar ook kyk hoe die Bybel ons toerus om die stryd van depressie te stry.
In hierdie episode grawe ons pastoraal in op die tema van "Hopeloosheid". Dit is iets wat almal een of ander tyd tref! Wat sê die Bybel oor hopeloosheid - Is dit sonde? Waar vind ons weer Hoop?
Hierdie is die opvolg episode oor die New Apostolic Reformation (NAR).
Ons fokus in besonder op die volgende vier hoofpunte:
Maart in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor die aanval op Moslems in Nieu-Zeeland. Daarna praat ons oor vervolging van Christene, spesifiek ook na aanleiding van Christene in Nigerië wat onlangs aangeval en doodgemaak is.
In die episode antwoord ons 'n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand?
Ons kyk na verskillende motiverings vir emigrasie en beoordeel dit op grond van die Skrif. Wat vra die Here van ons in hierdie situasie? Hoe leef ons met 'n Koninkryks-perspektief?
Hierdie episode is vir alle enkellopendes. Dit kan wees dat jy dalk soek na 'n lewensmaat, of miskien is jy 'n weduwee/wewenaar.
Enkellopendheid kan baie vrae en emosies by 'n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet... Of jou in jou eensaamheid los...
In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val. Wat sê die Bybel vir ons oor ons enkellopendheid?
Ons glo en bely dat God die huwelik alleen ingestel het tussen een man en een vrou.
Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is "geslagskwessies", met 'n fokus op homoseksualiteit.
"Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees" Gen 2:24.
In hierdie vyfde episode in ons reeks oor die huwelik gesels ons oor intimiteit. Vir sommige is dit 'n taboe onderwerp; die meeste mense praat nie maklik daaroor nie.
Veral in vandag se samelewing is dit nodig om uit te vind wat intimiteit is (soos God dit geskep het) en watter riglyne ons daaroor in die Woord vind.
Februarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor "boelie" onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor 'n moontlike belasting opstand ("tax revolt") in Suid-Afrika.
From the publisher's feed