RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word 'n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word. Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiopersoneel wat reis in die omgewing vir opnames (omroeper en klankman) en ’n tipiese ou en nuwe Suid-Afrika skep die verhaal. Die drama is ‘n ode aan klank. Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Marissa Claasen, June van Merch, Dean Balie, Johann Nel, Anrich Herbst en Willem Pelser.