Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.... more
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 386 episodes available.
October 19, 2023'N MOOI SONDAGMIDDAG IN SEPTEMBER deur Ugo BettiMev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na 'n einde beweeg, tot sy hoor dat sy 'n ouma gaan word, en dat 'n nuwe lewe gaan begin. Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk....more31minPlay
October 12, 2023BEURTKRAG deur Leon van Nierop‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help nie. Veral nie in hierdie geval nie... Die spelers is Bettie Kemp, Antowan Nöthling en Luan Jacobs....more58minPlay
October 05, 2023HOLMRUGGERY deur Marion HolmMarion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en spin. Haar ervaring hiervan is vasgevang in ’n eenvrouvertoning. Dis ‘n intieme kykie in haar lewe voor, tydens en ná die pandemie....more53minPlay
June 29, 2023LAERSKOOL NOORD deur Ilne FourieDrie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hulle skoolhoof se aftrede. Met die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreesaanjaende fluitjie, Bets du Preez se chaotiese administrasie en die vredemaker Marietjie(tjie) wat as die taalsuiweraar optree, is die kantoor ‘n tikkende tydbom. En dan wag hulle vir meneer van der Watt om aan te kondig wie die nuwe hoof van Laerskool Noord is... Die spelers is Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee en Albert Maritz....more1h 13minPlay
June 22, 2023DEUR DIE VUUR VIR JOU deur Adriaan HavengaDie verhouding tussen ‘n akademikus-pa en sy matriekdogter, Heilie, is stram. Hulle kommunikeer nie goed nie, en daar is wedersydse verwyte. En albei mis Heilie se ma wat in ‘n motorongeluk dood is. Hulle word deur ongewone omstandighede gedwing om hulle verhouding in oënskou te neem. Die spelers is Rene Cloete en Ivan Abrahams. Die produksie word aangebied met die vergunning van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans....more39minPlay
June 15, 2023DIE KOMPETISIE deur Joe KleinhansWat doen jy as jy 'n daaglikse sukkelende bestaan in 'n klein saai ou dorpie voer? As jy die pastoor van die fiktiewe dorpie Putfontein is, organiseer jy ’n kompetisie wat om Paasfees gesentreer is, met ongelooflike pryse wat R10 000 kontant, ‘n trollie kruideniersware en 'n skaap insluit. En voor jy kan sê bliksemstraal, gons die hele dorpie oor die kompetisie... en dit maak ook die geldgod in sommiges wakker. Hulle sal selfs nie eers skroom om afpersing te gebruik om hulle hande op die prysgeld te kry nie, met skreeusnaakse gevolge. Die spelers is Johny Klein, Denver Vraagom, Ilse Klink, Shemaine Harris, Mari Molefe van Heerden, Solomon Cupido en Bradley Olivier....more59minPlay
June 08, 2023SLANG IN DIE GRAS deur Chris MadjietSlang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Rayston Stoffels en André Samuels....more1h 8minPlay
June 01, 2023IEWERS IN DIE GRYS deur Adriaan Havenga'n Drama wat die vriendskap van twee plattelandse hoërskoolleerders, Heather en Gideon, ondersoek oor 'n tydperk van 16 jaar. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? Hierdie radiodrama is 'n verwerking van die teaterteks wat by die 2023 kykNET Fiëstas bekroon is met die toekennings vir Beste Nuutgeskepte Teks en Beste Opkomende Kunstenaar. Die spelers is René Cloete en Adriaan Havenga....more58minPlay
May 25, 2023WESVILLE LAER deur Nisa SmitNá afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers vir Juffrou Calitz in haar klaskamer. Die twee sit glad nie langs dieselfde vuur nie, en die arme Juffrou het haar hande vol om die vrede te handhaaf. Sy het egter haar eie bekommernis, en kan eintlik nie fokus op wat die twee op die hart het nie. Want sy wat Juffrou Calitz is, is dalk swanger... en die hoof is dalk die pa... Die spelers is Mandi Baard, Izel Bezuidenhout, Estel de Beer en Botha Enslin....more51minPlay
May 18, 2023EN SORG TOG MOOI VIR BUKS deur William OosthuizenThérèse Terblanche se gesin is disfunksioneel, en haar onverwagte besluit om te begin draf, laat hulle glo sy wil probeer gewig verloor. Sy oorreed eers Lisa en daarna Hardus om saam te draf en selfs aan georganiseerde padwedlope deel te neem. Maar die wáre rede vir haar skielike besluit is glad nie wat Thérèse se gesin verwag het nie... Die akteurs is Susan Erasmus, Rudolph Torlage, Micke Hannay, Henko de Goede, Helmi White, Anita Torlage, Barry Tolmay en Annemarie van Dyk. EN SORG TOG MOOI VIR BUKS was ’n finalis in die RSG Radiodrama-skryfkompetisie van 2019....more1h 2minPlay
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 386 episodes available.