Die Minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het die konsepwysigings aan die Nasionale Kredietwet teruggetrek ná openbare teenkanting. Die wysigings, wat vrese laat ontstaan het dat studente met skuld moontlik op ’n swartlys geplaas kon word, het meer as 20 000 voorleggings gelok – die meeste teen die voorstelle. Minister Tau sê die wysigings was bedoel om verbruikersbeskerming te versterk en toegang tot finansiering vir klein ondernemings te verbeter, nie om graduandi met skuld te benadeel nie.