Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.
June 11, 201612 Jun 2016Maandelikse premies op korttermynversekering is dikwels een van die eerste uitgawes waarop mense besnoei wanneer die ekonomie noustrop trek. 'n Kenner verduidelik Sondagmiddag in Rand en Sent hoe jy kan bespaar op jou versekeringspremie. Daar word ook gekyk na die eienskappe van 'n goeie werkgewer en hoe jy jou werknemers gelukkig en gemotiveerd kan hou....more23minPlay
June 04, 20165 Jun 2016Hoekom sukkel mens soms so om jou geld uit die werkloosheidsversekeringsfonds te kry en wat kan ons doen om probleme met die fonds te vermy? Dis van die vrae wat 'n toesighouer by die fonds se hoofkantoor in Pretoria Sondagmiddag in Rand en Sent gaan beantwoord. 'n Kenner verduidelik ook hoe kraamverlofbyvoordele werk en waarop jy alles geregtig is wanneer jou baba opdaag....more24minPlay
May 29, 201629 May 2016Wanneer Suid-Afrikaners die dag met elektriese motors en motors wat hulself bestuur begin rondry, gaan ons motorversekeringsbedryf en die premies wat ons maandeliks betaal aansienlik verander. Suzaan Steyn se gaste praat hieroor asook hoe jy die regte sake-vennoot vir jou onderneing moet kies; en luisteraars reageer op wat die beste manier is om vir jóú kinders se studies te betaal....more24minPlay
May 21, 201622 May 2016Suzaan Steyn se gaste praat oor passiewe beleggings, die drie grootste risikos wat sake-ondernemings in vandag se ekonomiese klimaat in die gesig staar en hoe jy dit die hoof kan bied. En 'n arbeidskenner kyk na supersiklusse en hoe die afswaai van die huidige supersiklus ons ekonomie asook werkgeleenthede beïnvloed....more23minPlay
May 14, 201615 May 2016'n Finansiële adviseur bespreek studiepolisse en beleggings as 'n vorm van spaar vir jou kind se naskoolse opleiding. En 'n kenner praat oor die wyndruiwe-oessyfers wat pas bekendgestel is, en hoe die kleiner oes wynboere en die verbruiker sal raak....more21minPlay
May 08, 20168 May 2016Suzaan Steyn se gaste praat oor die uitgawes waarvoor jy moet begroot wanneer jy 'n nuwe eiendom in jou naam laat registreer. 'n Versekeringspesialis verduidelik hoe alkoholgebruik die uitbetaal van jou versekeringspolis kan beïnvloed. En 'n kenner gee 'n aanduiding van die droogte se impak op die versekeringsbedryf en uiteindelik die gewone man se beursie....more24minPlay
April 30, 20161 May 2016Suzaan Steyn se gaste praat oor hoe om aanlyn in aandele te belê. 'n Finansiële adviseur verduidelik wat om in gedagte te hou wanneer jy iemand kies vir jóú beleggingsadvies, en 'n kenner kyk na hoe noodsaaklik dit is om die regte testament te hê wanneer jy kinders het....more25minPlay
April 23, 201624 Apr 2016Suzaan Steyn kyk na die risikos vir sakemense om veral in Afrika te reis; waarom dit so belangrik is om die regte reisversekeringspolis uit te neem; en wenke in geval jy in die buiteland siek word. Sy hoor ook hoekom gereelde boedelontleding so belangrik is....more24minPlay
April 16, 201617 Apr 2016'n Kenner gee raad aan jongmense wat wil begin spaar. Die voordele van lewens- en ongeskiktheidsversekering word bespreek. En 'n portefeuljebestuurder beantwoord 'n luisteraarsvraag oor aandele....more24minPlay
April 09, 201610 Apr 2016Die Vereniging vir Spaar en Belegging Suid-Afrika (ASISA) het 'n nuwe standaard gestel waarvolgens die koste van verskillende beleggingsprodukte binnekort maklik vergelyk sal kan word. Hoor hoe dít jóú sal help met jou beleggingskeuses. 'n Kenner van entrepreneurskap gee ook basiese wenke oor wat jy móet weet voordat jy sommer net spring om jou eie sake-onderneming te begin....more24minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.