Igna Klynsmith verduidelik die regsreëls oor verhuring en deposito's, en wat jou te doen staan as iemand wat jou geld geskuld het, oorlede is, maar jy versuim het om dit van sy boedel te eis. Kan jy dit van 'n erfgenaam verhaal? Igna beantwoord ook 'n ongewone vraag van 'n luisteraar wat beweer hy het sy vriendin se huis aan die brand gesteek omdat iemand hom met die hulp van die duiwel getoor het.