Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
November 12, 2018RegsakeVolker Kruger is vir die volgende paar weke hier om vrae te beantwoord oor boedels en testamente. Vandag behandel hy die volgende: Hoe werk die aanwasbedeling by die opstel van 'n testament? Wie moet boedelbelasting betaal, en wat is die boedelbelastingvoordele van 'n trust? Kan jy in jou testament iemand aanwys om jou as trustee op te volg? Mag 'n bank wat as eksekuteur aangewys is toe jy jou testament opgestel het, ná jou dood weier om die boedel te beredder?...more26minPlay
November 05, 2018RegsakeBoedelspesialis Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan en beantwoord die volgende vrae: Het die eksekuteur 'n plig om erfgename op hoogte te hou oor hoe die beredderingsproses vorder? Wat is die regte van buite-egtelike en aangenome kinders om intestaat te erf? Wat gebeur met die gemeenskaplike bates wanneer iemand wat in gemeenskap van goed getroud was, sterf? Wat is die geldigheidsvereistes om 'n geldige testament op te stel? Waar kan ek 'n lys kry van wat ek alles aan die eksekuteur moet verskaf om die boedel spoediger te kan afhandel?...more26minPlay
October 29, 2018RegsakeRetief von Wielligh sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor deeltitelskemas te beantwoord....more26minPlay
October 22, 2018RegsakeIan Wessels en Igna Klynsmith gesels met Johan Botes oor die geldigheid van aanstellings op 'n proeftydperk, en fluitjieblasers. Daar is ook raad oor waar om aan te klop as jy probleme het met vakansieklubs wat op 'n puntestelsel werk. Hulle bespreek ook die vraag of eienaars van twee wooneenhede op dieselfde erf, aan al die vereistes van 'n deeltitelkompleks moet voldoen....more25minPlay
October 15, 2018RegsakeOns het só baie vrae oor die Arbeidsreg gekry, dat nog 'n program daaraan bestee word. Arbeidsregkenner Johan Botes gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor konstruktiewe ontslag en stakings. Wanneer kan jy eis vir skade wat stakers aangerig het, en wanneer mag 'n werkgewer stakers afdank?...more24minPlay
October 08, 2018RegsakeDie Arbeidsreg is vir baie luisteraars relevant. Johan Botes sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vra te beantwoord oor seksuele teistering by die werk, en of 'n werkgewer verplig is om die beste kandidaat vir die pos aan te stel....more25minPlay
October 01, 2018RegsakeWaldette Grey sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor skuldinvordering, skuldberading en verwante kwessies te beantwoord....more24minPlay
September 23, 2018RegsakeJohan Botes sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor die arbeidsreg te beantwoord. Wanneer kom dit neer op diskriminasie as jou werkgewer iemand met soortgelyke kwalifikasies, vaardighede en ondervinding as joune teen 'n groter salaris aanstel? Geewoonlik verbied 'n handelsbeperkingsooreenkoms jou om binne 'n sekere tyd soortgelyke werk as by jou huidige werkgewer vir jouself of 'n ander werkgewer te doen. Wanneer is dit afdwingbaar?...more26minPlay
September 17, 2018RegsakeGraeme Polson kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die wetgewing en regulasies wat op banke van toepassing is. Hoe effektief is dit om die publiek te beskerm, en wat is die rol van die Reserwebank?...more25minPlay
September 10, 2018RegsakeVolker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om regstreeks luisteraars se vrae oor testamente en boedelbeplanning te beantwoord. Hy sal ook inligting gee oor testamenteweek, waartydens deelnemende prokureurs gratis 'n basiese testament vir luisteraars sal opstel....more26minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.