Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
April 01, 2019RegsakeRegsake is geen grap nie. Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor wat dit beteken om laterale ondersteuning aan jou buurman te bied, asook hofsake oor sonde met jou buurman se bome. Dan wil 'n 17-jarige erfgenaam ook weet wanneer sy die geld kan kry wat in 'n trust vir haar gehou word....more25minPlay
March 25, 2019RegsakeAdvokaat Anton Alberts sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor tyddeelskemas te beantwoord....more26minPlay
March 18, 2019RegsakeIan Wessels en Igna Klynsmith bespreek die volgende vrae van luisteraars: As wild vanuit 'n reservaat op my plaas beland, mag ek dit hou? Wat is die regte van werkers wanneer 'n besigheid as lopende saak verkoop word? Wanneer moet 'n kurator aangestel word om iemand in hofverrigtinge by te staan? Wat gebeur wanneer die tradisionele reg bots met wetgewing?...more26minPlay
March 11, 2019RegsakeIgna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Moet jou werkgewer jou verhuisingskoste dek as hy jou verplaas? Wat is die regte van kinders wat hulle ouerhuis wil verlaat om by iemand anders te gaan woon? Wanneer kom 'n testamentêre trust tot stand? Moet die Opperraad ingevolge die tradisionele reg met die gemeenskap konsulteer oor belangrike besluite?...more24minPlay
March 04, 2019RegsakeIgna Kynsmith bespreek 'n paar hofsake met Ian Wessels. Dink jy vyf jaar tronkstraf is 'n gepaste vonnis vir iemand wat drie daggaplantjies op sy stoep gekweek het? Dit was 'n hele paar dekades gelede. En wanneer is 'n mens aanspreeklik as jou hond iemand byt?...more23minPlay
February 25, 2019RegsakeAdv. Johan du Toit van die Nasionale Vervolgingsgesag sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te praat oor Suid-Afrika se uitleweringsooreenkomste met ander lande....more27minPlay
February 18, 2019RegsakeIgna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wat is die verskil tussen 'n skikking en 'n hofbevel? 'n Private ledewysiging in die parlement oor vaderskapverlof. Hoe raak dit jou vakansieverlof as jy weens omstandighede buite jou beheer nie by die werk kan kom nie? En hoe kan jy iemand aanstel om namens jou jou geldsake te hanteer?...more26minPlay
February 11, 2019Regsake'n Hoenderhaan in die beskuldigdebank? Historiese hofsake oor die eienaarskap van perde in oorlogstyd. 'n Vrou se reg op pensioenfondsvoordele as haar man die kinders as begunstigdes benoem het. En mag of moet 'n mens op die skouer van die pad ry om verbysteek makliker te maak?...more24minPlay
February 04, 2019RegsakeDie era van professionele sport het gelei tot nuwe vertakkings van die reg om verskeie aspekte daarvan te reguleer. Sportregkenner Bertie Grobbelaar sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor verskeie aspekte van sportreg, en die bestuur van sportstadions....more26minPlay
January 28, 2019RegsakeKan die uitlating "Sê vir daardie swartman hy moet nou dadelik die motor verwyder!" lei tot afdanking op grond van rassisme? Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak hieroor met Ian Wessels. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor probleme met werkers wat gereeld op Maandae en Vrydae siekteverlof neem, en of die eienaar of vruggebruiker verantwoordelik is vir die betaal van munisipale heffings....more26minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.