Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
August 19, 2019RegsakeRiëtte Oosthuizen beantwoord die volgende vrae oor onderhoud: Tot op watter ouderdom is 'n kind geregtig op onderhoud? Hoe kan die onderhoudsbedrag verhoog of verlaag word? Hoe kan betaling van 'n onderhoudsbevel afgedwing word? Is daar raad as die een ouer die kinders onbehoorlik teen die ander een beinvloed? Wat is die effek daarvan as 'n vrou wat onderhoud ontvang, in 'n saamwoonverhouding betrokke raak?...more25minPlay
August 12, 2019RegsakeRiëtte Oosthuizen spesialiseer in egskeidings en onderhoud. Sy sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith en beantwoord onder die volgende vrae: Waar begin 'n mens om onderhoud te eis as jy nie 'n prokureur kan bekostig nie? Hoe word redelike en billike onderhoud bepaal? Sy bespreek ook 'n hofsaak wat dit moeiliker sal maak om bates weg te steek....more25minPlay
August 05, 2019Regsake'n Vrou vertel hoe 'n man se troubeloftes haar oortuig het om haar huis en motor te verkoop. Was sy net naief, of watter regsmiddels is tot haar beskikking? Igna Klynsmith beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor hoe 'n mens kan uitvind wie die eksekuteur van 'n boedel is, en bespreek 'n hofsaak oor die toets om te bepaal of 'n huwelik ingevolge die gewoontereg geldig is....more25minPlay
July 29, 2019RegsakeIgna Klynsmith beantwoord die volgende regsvrae van luisteraars: Is 'n eiendomsagent wat nie 'n getrouheidsfondssertifikaat het nie, geregtig op kommissie? Rus daar enige verpligting op die eienaars van aftreeoorde om aktiwiteite vir inwoners te reël? Kan 'n mens na jou troue nog 'n huweliksvoorwaardekontrak sluit? Wanneer kan deeltiteleienaars self die hof nader sonder om die beheerliggaam daarin te ken?...more27minPlay
July 22, 2019RegsakeRiette Oosthuizen sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending. Sy beantwoord luisteraars se regsvrae oor egskeiding en onderhoud....more26minPlay
July 15, 2019RegsakeDie volgende regsvrae word beantwoord: Watter buitengewone magte het die SAID om verskuldigde belasting in te vorder? Wie is verantwooordelik vir die instandhoudingskoste van 'n huis wat aan 'n vruggebruik onderworpe is? Hoe kan 'n bejaarde erflater sy volwasse kinders gelyk laat erf waar daar verskeie eiendomme in die boedel is?...more25minPlay
July 08, 2019RegsakeIgna Klynsmith praat met Ian Wessels oor Suid Afrikaanse burgers se reg op konsulêre bystand in die buiteland, die geldigheid van elektroniese handtekeninge, en die verskil tussen 'n "warranty" en 'n "guarantee." Hy bespreek ook vergoeding vir grondonteiening en spesifiek of die ontwikkelingspotensiaal van die grond in ag geneem moet word....more24minPlay
July 01, 2019RegsakeIs jou huwelik geldig as jy op die strand trou? Wat behels die misdaad van verberging van 'n geboorte en wat is die straf daarvoor? Wat stel 'n kworum daar by vergaderings van die lede of trustees van 'n deeltitelkompleks, en hoe kan besluite wat sonder 'n kworum geneem is deurgevoer word?...more24minPlay
June 24, 2019RegsakeIgna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae.Wanneer kan 'n werker wat tydelik deur 'n arbeidsmakelaar by 'n werkgewer geplaas is aanspraak maak op status as permanente werknemer? 'n Gewese prostituut wil weet hoekom word die mans wat hulle dienste gebruik nooit vervolg nie. Igna vertel ook van 'n kattegeveg in 'n deeltitelkompleks wat in die hof beland het....more27minPlay
June 16, 2019RegsakeIgna Kynsmith praat met Ian Wessels oor die onlangse bevinding van die MRK dat sekere uitlatings van Julius Malema nie haatspraak was nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor botsings tussen iemand se geloof en sy werksure, en beantwoord twee vrae oor buite-egtelike kinders. Wanneer kan die ma die kind se van verander sonder die pa se toestemming, en wanneer is 'n oupa verantwoordelik vir die onderhoud van sy seun se kind by sy meisie?...more24minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.