Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
June 10, 2019RegsakeIgna Klynsmith bespreek 'n wetswysiging oor ouerskapverlof vir mans, asook 'n paar uiteenlopende hofsake oor spoedbeperkings binne deeltitelkomplekse; ouers se wangedrag by skolesport; minimumvonnisse vir bedrog, en lasterlike opmerkings. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor wanneer 'n trust eindig....more23minPlay
June 03, 2019RegsakeSal jou versekering 'n eis na 'n motorongeluk uitbetaal as jou bestuurderslisensiekaart na vyf jaar verval het? Wat is 'n weduwee se regte op onderhoud uit haar oorlede man se boedel? Wat gebeur met 'n erfporsie wat iemand toeval terwyl hy insolvent is? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak om politieke partye te dwing om hulle finansieringsbronne bekend te maak....more25minPlay
May 27, 2019RegsakeKan iemand summier afgedank word weens rassistiese opmerkings? Mag 'n pastoor jou met insekdoder bespuit? Wat is die effek van 'n mondelinge bedanking uit jou pos? Wat behels jou verpligting om afloopwater vanaf 'n hoërliggende erf op jou erf te ontvang? Wanneer sal jy skenkingsbelasting moet betaal op 'n rentevrye lening aan jou kinders?...more25minPlay
May 20, 2019RegsakeWat is die jurisdiksie van die Hof vir Klein Eise? Wat is die maksimum rentekoers wat jy jou vriend mag vra op 'n lening? Wat is die effek van die onlangse hofsaak van gay lidmate teen die NG Kerk? Igna bespreek ook 'n hofsaak waarin boere die magte van die Waardeerder-Generaal betwis....more23minPlay
May 13, 2019RegsakeIgna Klynsmith en Ian Wessels bespreek luisteraars se regsvrae: Moet 'n pa steeds betaal vir sy seun se universiteitsfooie nadat hy slegs drie vakke in twee jaar kon slaag? Wat behels 'n nuwe wetsontwerp oor die Padongelukkefonds? Hoe kan 'n man sy ouma se aandeel in 'n huis, wat hulle saam besit, teen minder as markwaarde koop? Is 'n afskrif goed genoeg as ek my huis se titelakte verloor het?...more25minPlay
May 06, 2019RegsakeIgna Klynsmith bespreek hofsake waar die volgende ter sprake was: Ooreenkomste met spermskenkers; of daar in die kontraktereg plek is vir die begrip ubuntu; aanpreeklikheid vir skade veroorsaak deur 'n botsing met jou diere op 'n openbare pad; en 'n egskeidingseis as gevolg van te min seks....more26minPlay
April 29, 2019RegsakeIgna Klynsmith bespreek 'n hofsaak oor die verdeling van bates ná die verbrokkeling van 'n langtermyn saamblyverhouding. Hy verduidelik ook die regte en verpligtinge van die pa van 'n buite-egtelike kind. Wat is die relevansie daarvan of hy onderhoud betaal of nie?...more25minPlay
April 21, 2019RegsakeRegter Neels Claassen het aan die hand van hedendaagse regsbeginsels 'n artikel geskryf met die titel: 'n Perspektief op Jesus se opstanding - feit of fabel? Igna Klynsmith het dit in Afrikaans vertaal, en deel dit met luisteraars op Paasmaandag....more25minPlay
April 15, 2019RegsakeDie adjunkminister van Justisie, John Jeffery, sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan vir 'n regstreekse uitsending....more27minPlay
April 08, 2019RegsakeIan Wessels en Igna Klynmith gesels oor die volgende regsvrae: Gebruik prokureurs onnodig "regstaal" wat moeilik verstaanbaar is? Is daar wetgewing oor die verstaanbaarheid van kontrakte? Kan die langslewende gade eksekuteur wees van die eerssterwende se boedel? Moet 'n boedel altyd aangemeld word? Mag skuldeisers van 'n oorlede eggenoot betaling van sy weduwee eis?...more27minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.