Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
June 25, 2018RegsakePaul Colditz, die bestuurshoof van FEDSAS kuier in die ateljee by Ian Wessels en Igna Klynsmith. FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van skoolbeheerliggame....more26minPlay
June 18, 2018RegsakeIgna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak van 'n vrou teen haar voormalige kêrel om hom te verbied om eksplisiete foto's van haar te versprei. Hulle bespreek ook die verpligting om binne 'n seker tyd te bou in sommige nuwe ontwikkelings; wanneer 'n gevangene vir parool in aanmerking kom; en die toelaatbaarheid van psigometriese toetse deur werkgewers....more27minPlay
June 11, 2018RegsakeFrikkie Pretorius is sowel 'n boer as as 'n prokureur. Hy kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regskwessies wat veral boere raak. Aanspreeklikheid vir skade aangerig deur veldbrande of jou diere op die pad; wat om te doen as plakkers jou grond probeer beset; die herstel van swak paaie; en oorbeweiding word bespreek....more26minPlay
June 04, 2018RegsakeWynanda Coetzee kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy is die prokureur wat namens die Transnet pensionarisse opgetree het in die klasaksie oor hulle pensioenvoordele. Igna beantwoord ook die vraag of jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf mag uitverhuur, en watter regstelsel van toepassing is as jy in die buiteland trou....more22minPlay
May 28, 2018RegsakeIan Wessels gesels met Igna Klynsmith oor die volgende regsvrae: Is dit verpligtend dat die prokureur wat in die koopkontrak van eiendom aangedui word, die oordrag daarvan behartig? Beïnvloed die feit dat 'n geskeide pa gay is die besoekregte ten opsigte van sy kinders? Kan die bepalings van 'n testamentêre trust later verander word? Wie is aanspreeklik vir jou mediese koste as jy beseer word by 'n rolbalklub?...more24minPlay
May 21, 2018RegsakeIgna Klynsmith praat met Ian Wessels oor ongerymdhede by die toekenning van tenders; die beskerming van beleggers wat op grond van kenners se advies beleggings maak; die vereistes om iemand in jou testament 'n bewoningsreg te gee, en swaarder strawwe vir kabeldiewe....more25minPlay
May 14, 2018RegsakeTwee kenners van regsaspekte wat veral boere raak, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Tydens hierdie regstreekse uitsending sal Frikkie Pretorius en Daan van Straaten onder andere belastingwenke gee en boere se vrae beantwoord....more26minPlay
May 07, 2018RegsakeWat kan 'n meisie doen wat verbaal deur 'n priester geteister word omdat sy die betrokke kerk verlaat het? Het 'n minderjarige meisie haar ouers se toestemming nodig om 'n aborsie te ondergaan? Wat moet 'n mens in gedagte hou voor jy 'n kontrak vir lidmaatskap van 'n gimnasium aangaan? Is dit ongrondwetlik as nuwe boedelbelastingwetgewing terugwerkend van krag is?...more25minPlay
April 29, 2018RegsakeIgna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwessies met Ian Wessels. Het ouers die reg om hulle minderjarige kinders se selfoonboodskappe en inskrywings op sosiale media te lees? As jy aanspreeklik is vir herstelwerk aan iemand se motor, maar dit word gesteel voordat dit herstel kon word, is jy dan nog aanspreeklik? Wat behels wetgewing oor lugbesoedeling en die manupulering van aandelepryse?...more25minPlay
April 23, 2018RegsakeIgna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor moontlike eise as gevolg van listeriose, en gee raad aan mense wat vrees dat hulle grond beset mag word. Hulle bespreek ook 'n paar hofsake oor kitsverhore wat plaasvind enkele ure ná die arrestasie van die beskuldigde. Is dit billike verhore, en hoe raak die uistprake die mobiele verkeershowe wat soms in spitstye langs openbare paaie gehou word?...more25minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.