Regsake

Regsake

Download on the App Store

Regsake episodes

  • Regsake
    Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor die volgende regsvrae: Is dit verpligtend dat die prokureur wat in die koopkontrak van eiendom aangedui word, die oordrag daarvan behartig? Beïnvloed die feit dat 'n geskeide pa gay is die besoekregte ten opsigte van sy kinders? Kan die bepalings van 'n testamentêre trust later verander word? Wie is aanspreeklik vir jou mediese koste as jy beseer word by 'n rolbalklub?
    24 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor ongerymdhede by die toekenning van tenders; die beskerming van beleggers wat op grond van kenners se advies beleggings maak; die vereistes om iemand in jou testament 'n bewoningsreg te gee, en swaarder strawwe vir kabeldiewe.
    25 min
  • Regsake
    Twee kenners van regsaspekte wat veral boere raak, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Tydens hierdie regstreekse uitsending sal Frikkie Pretorius en Daan van Straaten onder andere belastingwenke gee en boere se vrae beantwoord.
    26 min
  • Regsake
    Wat kan 'n meisie doen wat verbaal deur 'n priester geteister word omdat sy die betrokke kerk verlaat het? Het 'n minderjarige meisie haar ouers se toestemming nodig om 'n aborsie te ondergaan? Wat moet 'n mens in gedagte hou voor jy 'n kontrak vir lidmaatskap van 'n gimnasium aangaan? Is dit ongrondwetlik as nuwe boedelbelastingwetgewing terugwerkend van krag is?
    25 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwessies met Ian Wessels. Het ouers die reg om hulle minderjarige kinders se selfoonboodskappe en inskrywings op sosiale media te lees? As jy aanspreeklik is vir herstelwerk aan iemand se motor, maar dit word gesteel voordat dit herstel kon word, is jy dan nog aanspreeklik? Wat behels wetgewing oor lugbesoedeling en die manupulering van aandelepryse?
    25 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor moontlike eise as gevolg van listeriose, en gee raad aan mense wat vrees dat hulle grond beset mag word. Hulle bespreek ook 'n paar hofsake oor kitsverhore wat plaasvind enkele ure ná die arrestasie van die beskuldigde. Is dit billike verhore, en hoe raak die uistprake die mobiele verkeershowe wat soms in spitstye langs openbare paaie gehou word?
    25 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak waarin 'n boer skadevergoeding geëis het van 'n handelaar wat sy trekker nie betyds versien en aan hom terugbesorg het nie. 'n Luisteraar se vraag oor skade wat aangerig word tydens betogings word beantwoord; asook op wie die bewyslas rus in dispute oor foutiewe munisipale watermeters.
    24 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae met Ian Wessels. Oortree kerke en skole wat vir fondsinsameling wyn opveil die Drankwet of dalk die Loterywet met sommige van hulle kompetisies? Blaffende of aggressiewe honde is ook gereeld 'n probleem. Onlangs moes 'n honde eienaar R750 skadevergoeding betaal. Wat is eienaars se verpligtinge?
    24 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae met Ian Wessels. Soos dikwels is onderhoud weer ter sprake. Tot wanneer moet die pa onderhoud betaal as die onderhoudsbevel dit nie aandui nie? Kan 'n ma 'n kind inskryf by 'n universiteit sonder om die pa te sê, en dan universiteitsgelde en reiskoste van hom eis? Daar is ook 'n vraag oor die belastingimplikasies as jy 'n tuinwoonstel van tyd tot tyd teen betaling beskikbaar stel aan gaste.
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor die regte van moeders wat borsvoed by die werk, en nuwe wetgewing om ontduikers van onderhoud vas te vat. Hulle bespreek ook onlangse hofsake oor vryheid van spraak en godsdiensbeoefening in openbare skole.
    25 min

About Regsake

From the publisher's feed

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.