Regsake

Regsake

Download on the App Store

Regsake episodes

  • Regsake
    'n Kenner van arbeidsreg, Johan Botes, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vra oor hierdie gebied van die regte te beantwoord.
    22 min
  • Regsake
    Paul Colditz, die bestuurshoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hulle bespreek hofsake oor vrye godsdiensbeoefening in skole, en die aanspreeklikheid vir die betaling van skoolgelde waar die skolier se ouers vervreem is.
    24 min
  • Regsake
    Graeme Polson sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan vir 'n regstreekse uitsending. Hy spesialiseer in bankreg en kommersiële reg, en sal luisteraars se vrae hieroor beantwoord.
    26 min
  • Regsake
    Wat beteken 'n mens se swygreg teenoor die polisie, of in die hof? Hoe is die definisie van verkragting onlangs uitgebrei om sodomie in te sluit? Wat is die funksie van die Reserwebank? Igna Kynsmith bespreek ook twee hofsake oor 'n eis van meer as R6 miljoen teen die eienaar van 'n volstruis, en 'n eis teen 'n hospitaal nadat 'n tweejarige seuntjie uit 'n bed geval het.
    24 min
  • Regsake
    Wanneer kan 'n beskuldigde 'n staatsgetuie word in ruil daarvoor dat hy nie verder vervolg word nie? Hoe werk die reël dat 'n mens nie twee keer vir dieselfde oortreding vervolg kan word nie? Hoekom was dit nie van toepassing in die onlangse Mombergsaak nie? Ian en Igna bespreek ook 'n hofsaak waarin drie getroude mans, wat geslagsveranderings ondergaan het, vra vir 'n aangepaste geboortesertifikat oor hulle geslag.
    24 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwesssies met Ian Wessels. Is dobbelwinste en Lotto-wengeld belasbaar? Mag jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf uithuur? Aan watter vereistes moet ekstra ligte op jou voertuig voldoen? Die gevare daarvan om jou testament as HVK aan te wend word bespreek, asook 'n hofsaak oor aanspreeklikheid toe 'n dogtertjie breinskade opgedoen het nadat sy in 'n swembad geval het.
    26 min
  • Regsake
    Paul Colditz, die bestuurshoof van FEDSAS kuier in die ateljee by Ian Wessels en Igna Klynsmith. FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van skoolbeheerliggame.
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak van 'n vrou teen haar voormalige kêrel om hom te verbied om eksplisiete foto's van haar te versprei. Hulle bespreek ook die verpligting om binne 'n seker tyd te bou in sommige nuwe ontwikkelings; wanneer 'n gevangene vir parool in aanmerking kom; en die toelaatbaarheid van psigometriese toetse deur werkgewers.
    27 min
  • Regsake
    Frikkie Pretorius is sowel 'n boer as as 'n prokureur. Hy kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regskwessies wat veral boere raak. Aanspreeklikheid vir skade aangerig deur veldbrande of jou diere op die pad; wat om te doen as plakkers jou grond probeer beset; die herstel van swak paaie; en oorbeweiding word bespreek.
    26 min
  • Regsake
    Wynanda Coetzee kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy is die prokureur wat namens die Transnet pensionarisse opgetree het in die klasaksie oor hulle pensioenvoordele. Igna beantwoord ook die vraag of jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf mag uitverhuur, en watter regstelsel van toepassing is as jy in die buiteland trou.
    22 min

About Regsake

From the publisher's feed

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.