Johan Rademan gesels met die befaamde liedjieboer, Anton Goosen. Sy musiek is soos kiekies en vang tyd, dae en dinge in sy musikale lens vas. Een van sy gunsteling bestemmings is Nieu-Bethesda in die Groot Karoo. Daar vind hy sielsgeluk en vrede, en ‘n besoek aan die bekende Uilhuis is nooit uitgesluit of vanselfsprekend nie. Trouens, Helen Martins se Uilhuis met beeldhouer Koos Malgas, het hom onlangs laat besluit om ‘n tuisvideo van sy Padkos-album van 2017 te maak. Hy vertel sy storie van die Uilvrou van Nieu-Bethesda, en wie en waar die musikante wat saamspeel, was en is.