Langs die Holrivier net buite Vredendal, op pad Lutzville toe, is ‘n stukkie grond waarop verskillende bamboesspesies gekweek word. Dit is hier waar 1st Principles distilleerdery met organiese groente en vrugte voggies soos pampoen- en tamatiejenewer en –vodka optower. Anja Roux vertel hoe ‘n ou stookketel, wat as versiering in haar ouma se tuin gestaan het, herstel is en vandag die middelpunt van die gebeure vorm. Johan Rademan het by dié weggesteekte juweeltjie in die Namakwaland aangedoen.