Johan Rademan pols Mandie Uys, 'n voormalige dosent aan die NWU, oor haar jaarlikse reis na Rusland, wat sy weens die grendeltyd moes afstel. Hulle gesels oor grendeltyd in Rusland toe die Russe in St. Petersburg, die Nazi's vir 900 dae moes trotseer. Die Duitsers het die stad omsingel om hulle uit te honger, en dan oor te neem. Musiek het egter die stad gered, en jy kan vandag 'n museum besoek wat hierdie geskiedenis uitbeeld. Sjostakwietsj se 7de simfonie is deur die radio oor luidsprekers uit die stadsaal uitgesaai, en die Duitsers kon dit hoor wat die stad omsingel het. Kuns het die mens laat oorleef in die moeilikste tye denkbaar.