
Sign up to save your podcasts
Or


“Yster slyp yster, vriende vorm mekaar” (Spr 27:17).
Albrecht Dürer en Franz Knigstein was twee goeie vriende; beide was belowende kunstenaars, maar a.g.v. omstandighede kon nie een dit bekostig om kunsopleiding te kry nie. Saam besluit hulle toe, een sal begin werk en met daardie geld sal dit die ander een in staat stel om met sy kunsstudies te begin. Sodra hy dan sy studies voltooi het, sal hy terugkeer; dan ruil hulle die situasie weer om. Goeie plan, maar wie sal eerste gaan? ‘n Muntstuk word opgeskiet, en so gebeur dit dat ‘n jonge Albrecht in 1490 eerste die geleentheid kry om hom voltyds as kunstenaar te gaan bekwaam. Vriend Franz sou agterbly om te werk. Na ‘n lang ruk het Albrecht teruggekeer, teen daardie tyd ‘n gerespekteerde kunstenaar. Nou het Franz se kans uiteindelik gekom, maar hoe groot was die skok nie toe hulle besef dat Franz glad nie meer ‘n skilderkwas kon vashou nie – só verwronge van die artritis, knobbelrig en beseer was sy hande a.g.v. die harde hande-arbeid. Franz Knigstein het – letterlik – sy hande vir sy vriend deurgewerk!
Op ‘n dag het Dürer by sy vriend gaan kuier; en daar tref hy hom aan terwyl hy op sy knieë staan om te bid; sy hande biddend saamgevou. Die dik en gebarste vingers was die stille getuienis van die prys van vriendskap! Daardie hande gryp Dürer so aan dat hy dit met pen op papier verewig: sy ode van dankbaarheid aan sy vriend wat bereid was om hom ‘n kans te gee in die lewe. Ses eeue later hang die bekende “Biddende Hande” steeds in ‘n kunsgallery in Wenen, Oostenryk. Albrecht Dürer het een van die suksesvolste kunstenaars ooit geword. En met sy kunswerk het hy sy vriend, Franz Knigstein, aan die lewe gehou, toe die nie meer kon werk nie.
Ware vriendskap het altyd ‘n effek op iemand se lewe.
GEBED: Here, mag ek ‘n Franz Knigstein vir my vriende wees.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 18 van #WeesWys kyk ons na ‘n video-opname van die Suid-Afrikaanse sanger Liezel Pieters se weergawe van “Heaven Is Here”. Die lied is aanvanklik as “Hab den Himmel berührt” in Duits geskryf deur Jean Frankfurter en Kristina Bach.
Uit die liriek:
Vergeet is die vrees
Ek het alles gewaag
Ek laat sonlig deur die venster
Glo wat die dag beloof
Raak die hemel
Sien die reënboog in die nag
Dit is wat ek by jou geleer het
Die wêreld is pragtig
Maak nie saak wat môre gebeur nie
Raak die hemel
https://youtu.be/O6J7HakpvAA
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
“'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.” (Spr 15:1).
Dit is interessant dat die “sagte antwoord” in Hebreeus impliseer dat dit vanuit jou “brose plek” kom. M.a.w. jy is reeds weerloos – dalk selfs beseer. Dit is amper soos iemand wat in die maag getref is – jou asem is uitgeslaan; daar is nie asem oor om te antwoord nie. Wees jy só, leer die gesegde.
Ai, soms sny die spreuke diep, tot teenaan ons swak gewoontes! Ons wil so graag iemand op hulle plek sit (…waar dit ook al mag wees…). Tog weet ons, elke Jan Rap en sy maat kan iemand ‘n blou oog gee (veral met die tong). Maar wat is die uiteinde daarvan? Dit gee maar net ‘n spiraal van méér houe en slegsê af … en in so ‘n situasie is daar net verloorders!
Is dit nie vernederend om rooi gesig weg te moet stap nie? Ja, volgens wêreldstandaarde. Maar nee, nie as jy “soos Jesus” wil wees nie! In Fil 2:5 begin Paulus met hierdie woorde, “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.” Herhaaldelik verduidelik Paulus dan hoe Jesus Homself verneder het. Is dit vir my moontlik om só te wees? Nee! Nie as ek dit vanuit my “ou mens” probeer doen nie. Máár, as ek toelaat dat die Heilige Gees my lewe bestuur, dan raak dit moontlik om die “vrug van liefde” te begin inoefen – wat (selfbeheersing insluit. Dit is hoe dit moontlik raak dat ons “in nederigheid die ander hoër ag” (Fil 2:3).
Jakobus leer dat dit “wysheid van Bo” is wanneer ons (o.a.) vredeliewend, inskiklik en bedagsaam
optree. “Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak” (Jak 3:18). Presies soos hierdie spreukewysheid ook leer!
GEBED: Gebruik my vandag om met sagte woorde vrede te bewerk, Heilige Gees.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 17 van #WeesWys kyk ons na ’n video-opname van die koor-weergawe van Finlandia (Op. 27) deur Jean Sibelius, soos uitgevoer deur die Utrechts Studentekoor en Orkes (USKO) onder leiding van Gilles Michels. Die opname is in die Jacobikerk in Utrecht gedoen.
Die Finlandia-gesang verwys na 'n rustige gesangagtige gedeelte van die simfoniese gedig Finlandia, geskryf in 1899 en 1900 deur die Finse komponis Jean Sibelius. Dit is later weer deur die komponis in 'n alleenstaande stuk gewerk. Met woorde wat in 1940 deur Veikko Antero Koskenniemi geskryf is, is dit een van die belangrikste nasionale liedere van Finland. Alhoewel dit nie die amptelike volkslied van Finland is nie, word dit voortdurend as sodanig voorgestel. Ander groot gebruike van die deuntjie sluit verskeie Christelike gesange en ander nasionale liedere in.
https://youtu.be/DI3x8LV1Zxg
“Die hart van ‘n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal sy voetstappe” (Spr 16:9).
Ek hoor dit gereeld: “wat moet gebeur, sal gebeur.” Die mens wik, maar God beskik. Dit maak nie eintlik saak wat jy besluit nie, wat God wil hê moet gebeur, sal gebeur. Tog kan jy vra, is ons dan net marionette in die poppemeester se hand? Het die mens ‘n vrye wil? Maar wat dan van al die slegte dinge wat gebeur? As God so in beheer is, waarom keer God dit nie?
Hierdie tipe vrae laat jou al in die rondte loop, sonder om ooit by ‘n duidelike antwoord te kom. Spreuke 16:9 wil eintlik vir jou sê dat, al maak jy skewe planne, God jou nie sal los nie! Jy word toegelaat om planne te maak, ja, want jy het ‘n vrye wil, maar God sal jou beskerm dat jou planne nie noodlottig word nie. Wat ‘n troos! Leef dus jou lewe sonder vrees! Want, as jou pad God se pad is, dan kan jy ook weet, God se voetstappe sal langs joune in die stof gesien kan word!
Toe Jesus die eerste keer die vissermanne by die See van Galilea teëgekom het, was dít sy woorde: “Volg My!” Of anders gestel: “trap in My voetspore.” Kies hierdie pad, dan sal jy nie verdwaal nie. Ek is – Goddank – dankbaar dat ek nie my lewenspad kan laat ontspoor, sonder dat God nie daarby ‘n sê het nie! Dit is wat dit beteken om aan God te behoort!
Het jy al op ‘n treinspoor gestaan en die twee spore mooi dopgehou soos dit vorentoe uitgestrek lê. ‘n Vreemde ding gebeur: geleidelik word die afstand tussen die spore al kleiner en kleiner, totdat dit later slegs ‘n enkele spoorlyn is. Dit is hoe ons lewens saam met God moet wees: Twee stawe, een lyn!
GEBED: Rig my voetspore, Here, dat ek loop waar U wys.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op hierdie Saterdag, dag 16 van #WeesWys, kyk ons na dié inspirerende musiekvideo van Elvis Blue se lied “Spore”. Die video is deur Bouwer Bosch vervaardig.
Uit die liriek:
Kry my op die pad die pad
Waar die dromers loop
Son oor ons skouers
Ons oë vol hoop
Kom saam, kom saam
Dis al wat dit kos
Ek en jy is gemaak
Om spore te los
Ek weier om te glo dat ons kleur verdof
Dat die dinge hier ons uit sal stof
Ons kan kies wat ons glo, ons kan kies wat ons dink
Ons kan kies hoe ons voel en hoe ons woorde klink
Kry my op die pad, die pad
https://youtu.be/guf-FJ_6Nrw
“Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby as 'n vetgemaakte os en haat daarby.” (Spr 15:17).
Elkeen van ons het sekerlik een spreuk wat ons as die mooiste beskou. Vir my is dit hierdie een. Sy parallel vind jy in Spr 17:1, “Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby.”
Paul Tsongas was ‘n suksesvolle en gedrewe Amerikaanse politikus wat besig was om vir homself “groot naam” te maak. Maar toe hy met kanker gediagnoseer is, het sy lewe drasties verander. Hy het bedank (selfs toe dit duidelik word dat die kanker in remissie gaan). In sy memoires, “Heading Home”, verduidelik hy sy besluit: “’n Vriend het vir my gesê, ‘Niemand wens op hul sterfbed dat hulle meer tyd by die werk kon deurbring nie.”
Verhoudings vra harde werk; maar dan moet dit harde werk “aan die regte dinge” wees. Ja, ons wil almal vir mekaar “die beste” gee; maar wat help dit om “die beste” te hê, maar mekaar in die proses te “verloor”? Die einste Tsongas skryf dat hy vroeër sy kinders skool toe geneem het, en aan die verkiesing gedink het wat voorlê. “Nou neem ek my kinders skool toe, en dink aan my kinders.”
Dit gaan nie oor “te veel” op die spyskaart, of selfs oor “te min” (of selfs “genoeg”) nie; dit gaan oor daardie bestanddeel wat saam met die gereg bedien word wat die spyskaart onvergeetlik maak. Self groente-sonder-liefde is net so smaakloos soos die bord koningskos-sonder-liefde!
As jy mooi daaroor dink, is dit van alles in ons lewens waar: die onderwyser wat met liefde skoolhou, is ‘n onderwyser wat onthou word; so is die verpleegster wat haar pasiënt met liefde versorg; ensovoorts. Die geheime bestanddeel is “liefde”.
Gaan lees maar weer Paulus se ode oor liefde (1 Kor 13) as jy wonder hoe dit lyk.
GEBED: Maak van my ‘n uitblinker van liefde, Liefdevolle God.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 15 van #WeesWys kan ons nie anders as om na die musiekvideo te kyk van Jannie du Toit se “Die Liefde” nie. Die musiek musiek is deur wyle Christa Steyn, die teks deur Jannie du Toit na aankleiding van 1 Korintiërs 13. Die verwerking vir dié opname is Clinton Zerf ook pianis met Susan Mouton op tjello. Die opname is lewendig voor 'n gehoor in die Atterbury-teater opgeneem deur André Calitz.
https://youtu.be/53fsfL8CrBk
“Wie ‘n oortreding bedek streef na liefde, maar wie telkens ‘n saak ophaal skei selfs boesemvriende” (Spr 17:9 – uit die Direkte Vertaling).
Bedoel die skrywer met “bedek die oortreding” dat ons wegkyk wanneer iemand iets verkeerd gedoen het; dalk om konflik te vermy? Of omdat ons die vrede wil bewaar? (Dan maak Gal 5:1 nie sin nie. Paulus sê juis daar dat, “as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp.”)
Hierdie gesegde klink op die oog af soos “vergewe én vergeet”? Helaas, dit is ‘n leuen om te dink jy moet vergeet, nadat jy vergewe het; want iets wat gebeur het, kan ‘n mens nie uit jou geheue “delete” asof dit ‘n tikfout was nie. Daar is net een manier vir hulle wat die Here dien (m.a.w. die wyses) om te doen, nadat iemand ‘n groot fout begaan het (of dit aan jou gedoen is, of in die algemeen), en dit is om die persoon met al jou liefde toe te vou. Dit is dus om te vergewe én daarna te oefen om lief te hê.
Om ‘n oortreding met liefde te bedek, impliseer dat jy dit vir die oortreder wil moontlik maak dat hulle hulself ook weer kan leer liefkry! Wanneer jy iemand gereeld aan ‘n fout herinner (selfs hoe goed bedoel) hou jy die persoon gevangene van hulle eie tekortkominge. Presies wat God níé met ons doen nie. Soos Psalm 103:11 en 12 sê, “So groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.”
GEBED: Wys my of ek dalk iemand nog ‘n gevangene hou met my liefdeloosheid, Here, en leer my dan om wys te wees.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 14 van WeesWys kyk ons na ‘n musiekvideo van “Bless the Lord, O My Soul (Psalm 103)” deur die groep Sovereign Grace Music. Die lied is geskryf deur Dave Fournier en David Zimmer (ook die hoofsanger). Die groep is veral bekend vir hulle verwerkings van die Psalms.
Uit die liriek:
My God is slow to anger when I go astray
Bless the Lord, O my soul
For all of my betrayals, He will not repay
Bless the Lord, O my soul
Through mercy and compassion His great love is proved
He covers my transgressions like the snow
As far as east from west are all my sins removed
Bless the Lord, O my soul
https://youtu.be/hXttZ5rd1Qk
“'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.” (Spr 22:1).
In die Midrash (deel van die Joodse heiligen geskrifte) is daar ‘n gesegde: ’n Mens het drie name: een is die naam wat jou ouers jou gegee het (jou doopname); een is die naam waarop mense jou aanspreek (jou noemnaam); en dan is daar ‘n derde naam: die een wat jy verdien (m.a.w. jou reputasie.) En dit is hierdie derde naam waaroor die spreuk gaan. Maar dan moet jy nog hierdie aanhaling ook onthou: “'n Man se reputasie is die opinie wat mense van hom het; sy karakter is wat hy werklik is” (aldus Jack Miner).
Om die titel “christen” te dra, impliseer ‘n sekere styl waarvolgens jy uitgeken kan word, omdat jy “anders” sal optree. Luister wat skryf Petrus in brief hieroor: “Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening” (1 Pet 2:12). As jy saam met Christus gekruisig, en – soos Paulus sê – dan nie meer leef nie, maar Christus ín jou leef (Gal 2:20), dan het álles aan en in my verander! Nou is jy ‘n verteenwoordiger (‘n ambassadeur) wat nie meer in jou eie naam optree nie, maar in die Naam van Iemand anders! (Dit was waarom Jesus so “brutaal” teenoor die Fariseërs en die Skrifgeleerdes opgetree het: hulle was verteenwoordigend van die Tempel en die Wet van Moses, maar hulle het die Torah (dus vir God) skade aangedoen met hul dubbele standaarde.)
Lewe dus met integriteit: laat alles wat jy sê en doen en is, ooreenstem met jou karakter, sodat jou reputasie onbesproke kan bly.
GEBED: Heilig my lewe, Heilige God, dat my woorde en gedrag en wese U eer sal aandoen.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 13 van #WeesWys kyk ons na die liriek-video van “Galatians 2:20” deur Adam Wright as die The Corner Room.
Vir Adam Wright is die lewenslange strewe om die Skrif op musiek te vestig, 'n hulpbron om mense te help om die Bybel dieper te waardeer.
Adam het hierdie proses in 2013 as musiekprediker vir Cahaba Park Kerk begin en Psalms geskryf om vir 'n somerpreekreeks oor die Psalms te sing. Byna ses jaar later het hy byna 40 liedjies direk uit die Skrif geskryf en opgeneem. Aangesien elke gedeelte 'n ander karakter en bedoeling het, neem elke liedjie wat hy skryf 'n ander styl aan, wat uit sy diep liefde vir akoestiese musiek kom.
"Hierdie liedjies is vir my 'n skat," sê Wright. "Hulle het nie net 'n impak op my familie, my kerk en my gemeenskap gehad nie, maar het 'n blywende impak op my eie persoonlike liefde en begrip van die Skrif gemaak. Ek sien uit na waarheen die Here van hier af lei."
https://youtu.be/419VxHhnbfw
#12 - WEES WYS!
“Onvervulde hoop maak die hart siek, maar ‘n vervulde wens is ‘n boom van lewe” (Spr 13:12 – uit die Direkte Vertaling).
Vir Joodse ballinge was die “boom van lewe” ‘n diepgewortelde erfenis van hul geloof. Daar sou ‘n tyd kom dat hulle sal terugkeer na die tempel op Sion; hulle sal mag eet van die vrugte van die boom van lewe. Die visioen van Esegiël het dit bevestig: “Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring” (Eseg 47:12). Die ballinge het net een ding gehad waaraan hulle kon vashou: God se beloftes.
Die grootste wysheid is om die beloftes van God te glo! Soek die mens wat sy hoop op God geplaas het, en jy kom ‘n wyse mens teë. Die dwaas hou aan die drome van lugkastele vas. Die wyse is geanker in God; daarom kan die wyse se lewe wortel skiet en onwrikbaar sterk groei. Ten spyte van omstandighede.
Dit laat my dink aan die bekende “Sel 21” van die konsentrasiekamp in Auschwitz. Teen die sementgepleisterde muur is ‘n “kunswerk” wat Stefan Jasienski, ‘n Poolse oorlogsgevangene, met sy vingernaels uitgegraveer het. Hoeveel ure en ure se grawe en bloed onder sy naels dit geverg het, kan ek my nie indink nie; maar die simbool van hoop is duidelik – tot vandag toe: ‘n Jesusfiguur met die hart sigbaar in sy borskas, en langs dit ‘n kruis. Ja, Jasienski is daar tereggestel, maar al was dit ‘n woordelose gegraveerde muur, is dit ‘n getuienis wat harder fluister as wat woorde kan skreeu: ware hoop kan nie sterf nie! As jy dit glo, is jy ‘n wyse mens.
GEBED: U is my hoop, Here. Hou my hoopvol.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 12 van #WeesWys luister ons Country Musiek! Op die speellys is ’n musiekvideo van die bekende Mac Powell se treffer “River Of Life”.
Uit die liriek:
Brothers, sisters come on down to that river
Guaranteed you’ll never be the same
There’s a fountain flowing from the heart of the Savior
Bring your sins and all your guilty stains
Let that river of life wash it all away
https://youtu.be/ceVLJ2Xm1UM
“Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd …” (Spr 10:20).
Baie jare gelede het ek in ‘n tweedehandse winkel rondgesnuffel – die antieke beker in ‘n vertoonkas het my oog gevang. Waarom nie die ander ene – op die oog af dieselfde – ook in die glaskas bêre nie, wou ek weet? Want die een is sterling-silwer en die ander een is nikkel-silwer, het die eienaar verduidelik. En met sy lap stof hy beide af en hou hulle onder ‘n lig vir my om te sien: in watter een sien jy jou eie refleksie die helderste, wou hy weet? Ek wys na die een. Dis reg. Dit is die sterling-silwer. Op die oog af is beide ewe blink, maar net een gee die helderste refleksie. Toe draai hy beide om, maar net op een is ‘n klein stempelmerkie - “.925” – gegraveer. 92.5% Sterling-silwer.
Ek wonder of Jesus dalk hieraan gedink het toe Hy daardie dag vir die Fariseërs gesê het, “Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is julle vol hebsug en onmatigheid. ...Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is” (Matt 23:25-27). Soos is ‘n skelm handelaar wat ‘n onkundige koper mislei en die goedkoper nikkel-silwer as die duurder, kosbaarder sterling-silwer verkoop. Nie almal wat “Here, Here!” sê ken werklik hierdie Here nie. Laat jou dade en jou woorde met mekaar ooreenstem.
Een manier hoe jy ‘n wyse mens van ‘n dwase mens sal uitken, is om te luister na wat by hul mond uitkom, en om dit met hul dade te vergelyk. Woorde kan mense se lewens vernietig, selfs al het jy ‘n glimlag om jou mond! Maar woorde kan ook heelmaak en lewe bring. Sterling-silwer wysheid.
GEBED: Laat my woorde só wees dat mense U beeld kan sien as hulle na my luister.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Op Dag 11 van #WeesWys kyk ons na ’n video-opname van “Give Ear to My Words” deur die Kanadese-groep TheNCrew.
Uit die liriek:
Give ear to my words, O Lord
Consider my meditation
Hearken unto the voice of my cry
My King and my God
For unto Thee will I pray
My voice shalt Thou hear in the morning
O Lord, in the morning will I direct my prayer
Unto Thee and will look up
https://youtu.be/HX60KoXvC28
“Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ‘n afsku het: …” (Spr 6:16).
Die skrywer kon net sowel gesê het, “As daar nou één ding is wat die Here haat…” Dit is eintlik waarby hy wil uitkom; maar hy skep so bietjie afwagting, daarom noem hy ses dinge waarmee almal van ons kan saamstem. Is ‘n hoogmoedige mens nie vir ons almal ‘n pyn nie? Erger nog, iemand wat lieg en bedrieg? Sjoe, nóg erger, iemand wat ‘n ander mens leed aandoen nie? Oneerlikheid, valse getuienis? Dit is sulke erge dinge! Gelukkig vir ons - ons “gewone” mense doen darem nie sulke verskriklike dinge nie! Maar dan kom die skrywer by die sewende gruwel in die oë van die Here, en dan is dit juis so ‘n “gewone” ding: “iemand wat rusie stook tussen broers”. Iemand wat onmin veroorsaak. Iemand wat ‘n blokkasie vir vrede is.
Hoe goed ken ons nie die patroon nie: “ek wil nou nie skinder nie” … en dan is dit presies wat jy doen. Of, dalk is jy die martelaar wat so sukkel om iemand te vergewe wat jou te na gekom het. Dalk is jy die een wat iemand ‘n verskoning skuld – vrede moet gaan bewerk, maar jou ego is in die pad.
In die Nuwe Testament verander Jesus die beginsel - nou is dit nie meer “geseënd is jy as jy nie onmin veroorsaak nie.” Dit is maklik - hou net jou kant van die saak skoon. Maar nee, Jesus sê “gelukkig is hulle wat die blokkasies wat tussen mense bestaan bestry.” Of, in Sy presiese woorde: “Geseënd is die vredemakers” (Matt 5:8). Die teenoorgestelde van ‘n “gruwel vir God” is om ‘n “kind van God” genoem te word … presies wat Jesus die vredemakers ook noem.
Maak vandag reg wat reggemaak kan word!
GEBED: Vergewe my, Here, soos ek my broers en susters ook moet vergewe.”
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 10 van #WeesWys kyk ons na die musiek video van “Gee Ons Vrede” deur Jannie du Toit wat ook die Afrikaanse weergawe geskryf het. Die oorspronklike teks en musiek “Geef ons vrede” is deur die ontslape Nederlandse sanger Robert Long.
Die musiekvideo is in 1990 deur Debbie Rogers vervaardig. Didi Kriel het die instrumentale verwerking gedoen. Jannie tree saam met Didi, Fortukssimo, Mauritz Lotz en Denis Lalouette op.
https://youtu.be/UUJ3bGUVbv0
“In die dwaas se oë is sy eie pad die regte, wie wysheid het, luister na raad” (Spr 12:15).
Ek wonder hoeveel keer het die seun van wie ons in Spreuke lees sy oë gerol wanneer sy pa met hierdie woorde begin: “Luister, my seun…” Blaai maar deur die boek en jou oog sal die woordjie – “luister” - gereeld teëkom (27 keer om presies te wees). “’n Oor wat luister na die teregwysing van die lewe sal by wyses tuis wees” (15:31*). Oor-en-oor hoor jy dit: “Wie antwoord voordat hy luister…” (18:13*). “’n Oor wat luister en ‘n oog wat sien, die Here het albei gemaak” (20:12). “Iemand wat luister mag altyd praat” (21:8*).
Ons lewe nie in ‘n era waar ons voorgeskryf wil word nie. Ons is onafhanklik . “Iets” in ons daag gesag altyd uit. Soos ‘n klein peutertjie wat sy ma in haar oë kyk terwyl hy sy handjie uitsteek om ‘n koekie te vat, nadat sy “nee” gesê het. Dalk gaan hy wegkom daarmee… Is dit nie wat sonde ook is nie: om te weet wat reg is, en om steeds die verkeerde te kies nie. M.a.w. om vir iets groter bedoel te wees, maar om met tweede beste tevrede te wees.
Dit is só eenvoudig: God vra van ons ‘n leerbare gees. Die eerste woordjie waarmee ‘n Joodse baba die wêreld in verwelkom word by geboorte, en die laaste woord wat gespreek word wanneer die gestorwene se oë toegemaak word, is “shema” – “luister.” Dit is die belangrikste woord wat Israel moes leer: “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here” (Deut 6:4). Juis daarom is ons luister-na-die-Woord die belangrikste belegging wat ons in ons lewens kan maak! Selfs gebed word dan luister.
GEBED: Maak my vandag bewus van U Stem, Here, en laat my luister.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 9 van #WeesWys kyk ons na die musiekvideo-opname van Kari Jobe se “Speak To Me”.
Uit die liriek:
Calms the sea in me
The voice that ends the silence
Meets me in my need
Like fireworks
Igniting in my chest
The weight of Your glory
The reverence
I’m in awe
That You would come to me
In awe
That I can hear You speak
Speak to me
I’m listening
https://youtu.be/Z5kKQGbI0PU
From the publisher's feed