
Sign up to save your podcasts
Or


Die woord “influencer” het vandag baie meer betekenis as bloot iemand wat iemand anders beïnvloed (soos almal van ons doen). ‘n “Regte-egte influencer” (of “toonaangewer”) is iemand wat nie net miljoene volgers op sosiale media het nie; hulle het selfs miljoene in die bank. Maar dit is nie ‘n nuwe verskynsel nie - die eerste persoon wat die titel “influencer” gekry het, was in 1760 toe Josiah Wedgwood ‘n teestel vir die koningin van Engeland gemaak het. Sy was so tevrede met sy werk dat sy haar koninklike stempel op die Wedgwood-breekware laat druk het en kon hy homself bemark as “Die Pottebakker van die koningin”.
In die Koninkryk van God is daar ‘n groep mense wat ook ‘n “koningstempel” dra – hulle word genoem “die sout vir die aarde” (Matt 5:13). Hulle is die werklike “die werklike gelukkiges” (aldus Matt 5:3-12). Die welsyn van die samelewing hang van hulle af, soos wat sout die “preserveerder” is om verrotting te bekamp. Dalk het die mense wat na Jesus geluister het, die storie onthou van die inwoners van Jerigo wat by die profeet Elisa gekla het, “U sien self hoe mooi ons stad geleë is, maar die water is giftig en die oes uit die grond veroorsaak misgeboortes.” Elisa stuur hulle toe om ‘n ongebruikte skottel te neem en sout daarin te gooi en vir hom te bring. Hy gaan toe na die oog van die water toe en gooi die skottel sout daar in met die woorde: “So sê die Here: Ek maak hierdie water bruikbaar sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie” (2 Kon 2:19-20).
Soveel keer hoor ons vandag mense sê, “as dít is hoe christene is, wil ek nie een wees nie.” Hoe jammer! Was dit maar eerder, “as dít is hoe christene is, wil ek beslis een wees!”
GEBED: Here, beskerm my daarvan dat ek sout sal wees wat laf is.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 6 van #Impak kyk ons na die musiekvideo van "Salt of the Earth" deur Victory Outreach South Africa.
Uit die liriek:
I'm the salt of the earth
I'm the salt of the earth
I carry the flavour of God
I season the earth
https://youtu.be/gwcwh7hKbEw
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Ons is almal beïnvloedbaar. Die mense met wie ons “meng” beïnvloed ons – natuurlik nie net positief nie! As almal van ons beïnvloedbaar is, dan het almal van ons natuurlik ook die potensiaal om ander te beïnvloed - ook nie net altyd positief nie! Luister maar na Salomo se wysheid: “Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg” (Spr 13:20).
Daar is hope geleentheid waar ons mense se lewens kan aanraak; soms “gebeur” dit sonder dat jy regtig besef. Het jy jouself al ooit afgevra wie die mense is op wie jy die grootste invloed uitoefen? Ek wonder wie sou Jesus kies as Hy mense moet uitlig wat ‘n invloed op hom uitgeoefen het? Broers, dalk? Susters? Sy ouers?
In Jesus se heel eerste preek in die sinagoge in Nasaret praat Jesus oor iemand wat eeue voor Hom geleef het, wat duidelik ‘n indruk in die geskiedenis van die Jode gemaak het. As arm weduwee was van sy een van die laagste in die samelewing; dan ook nog ‘n nie-Jood – daardie weduwee van Sarfat wat vir Elia gesorg het (Luk 4:26), terwyl hy voor koning Agab gevlug het. Destyds was ‘n groot hongersnood in die ganse streek, tog kry Elia die opdrag: “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het 'n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg” (1 Kon 17:7). Die “man van God” (dit is wat “Elia” beteken) word nie aan sy eie genade oorgelaat nie. Maar teen die einde word sy die een wat óók die genade van God ontvang: genoeg kos om van te leef; en haar sterwende seun bly leef.
Hoe min het hierdie vrou destyds geweet dat – eeue later – ‘n Rabbi van Nasaret oor haar sou preek. Dit wys jou hoe kan dade gevolge hê.
GEBED: HERE, wil U my dalk vandag gebruik soos U die vrou van Sarfat gebruik het?
KUNS: Bernardo Strozzi: Die profeet Elia en die weduwee van Sarepta (1630)
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 5 van #Impak luister ons na die pas vrygestelde “Left It In The Water” van die Grammy genomineerde groep We The Kingdom. Die dinamiese, rock-verweefde “singalong” is reeds besig om op stromingsdienste opslae te maak.
Die eklektiese versameling deuntjies in die lied put inspirasie uit genres - en eras - oor die musikale spektrum, met nostalgie-gedrewe invloede wat steun op treffers soos "Deep End" wat 'n rock & roll-kraglied verteenwoordig, en "Mine", wat herinner aan 'n harmonieuse, Fleetwood Mac-tipe ballade.
Uit die liriek:
Everything I was, everything I've been
God, I've got my regrets, I was a wretched man
But You called me on down to the water, met me by the riverside
Yeah, You took me in, You drowned my sin
And said, "Dead man come alive!"
https://youtu.be/qMJ5A1d0lBI
As ons erken dat God ons van binne wil verander (soos Rom 12:2 sê), moet ons vra, wat wil God met ons bereik? Waarom wil God ons verander? Waartoe wil God ons verander? Gaan alles maar net oor ons “persoonlike verhouding” met God – dat ons “saak” met die Here “reg” moet wees, soos ons soms sê? Binne ons verbruikerskultuur wat ons wil laat glo dat die lewe rondom ons individuele begeertes gaan en watter voordeel ons uit iets kan kry, is dit maklik om só te dink.
In die Bybel is daar van ‘n verbruikersmentaliteit (of “consumerism” soos ons in Engels sê) geen sprake nie! Dit begin reeds in Genesis: God se betrokkenheid by Abraham is volledig om vir “die ander” tot ‘n voordeel te wees. Die Boodskap-vertaling vertaal Gen 12:2-3 só, “Ek sal jou ryk en voorspoedig maak.” (Lekker vir jou, Abraham). “Oral sal mense jou naam ken en van jou praat.” (Wie sal nie daarvan hou nie…?) Maar dan kom die gevolg hiervan: “Oor jou sal dit met alle mense op aarde goed gaan.” Die impak wat God in mense se lewens het, sal tot voordeel wees van ander!
Dit is interessant dat dit juis Abraham is wat God later weer hieraan herinner. Wanneer Sodom so afvallig raak dat God die hele stad wil vernietig, is dit Abraham wat by God pleit om tog genadig te wees (lees Gen 18:16-33). “Moet net nie vergeet nie, Here, van U seënbelofte nie … spaar die mense” – so hoor ek Abraham pleit. Genade wat jy ontvang word altyd aangegee. Dit vloei altyd van een persoon verder na ander toe. God se impak in jou lewe het rimpelings. Dit is hoe God werk.
Daarom vra ek weer: tot wie se voordeel transformeer God ons lewens? Dalk anders gevra, wie is die “Sodom” rondom ons wat God se genade moet ontvang?
GEBED: Wys my tog wie die mense is wat U impak in my lewe moet ontvang.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 4 van #Impak kyk ons na die Nederlandse Eurovision 2022 inskrywing se musiek-video. "De diepte" is ’n snit deur die Nederlandse sanger S10 (Stien den Hollander). Die lied het Nederland in die Eurovision 2022 in Turyn, Italië, verteenwoordig nadat dit deur die Nederlandse openbare uitsaaier gekies is. Dit is die eerste keer sedert 2010 dat 'n liedjie wat geheel en al in Nederlands gesing is, die land by Eurovision verteenwoordig het.
Die liedjie handel oor Den Hollander se mees persoonlike herinneringe. Sy het gesê: "Dit is 'n huldeblyk aan die hartseer en herinneringe wat jy saam met jou dra. Elkeen ervaar moeilike tye in hulle lewe. Dit is iets wat ons almal in gemeen het en ek hoop [mense] sal minder alleen voel wanneer [hulle] na die liedjie luister".
Stien den Hollander, gebore 8 November 2000, is professioneel bekend as S10, 'n Nederlandse sanger, rapper en liedjieskrywer. Sy het in haar kinderjare ernstige sielkundige uitdagings beleef en haar liedjies verwoord soms daarvan.
Uit die liriek:
Ken je het gevoel dat, dat je droom niet uitkomt
Ben je wel eens bang dat het altijd zo blijft
Want het regent alle dagen en ik zie geen hand voor ogen
Jij en ik toch samen, dat zou altijd zo zijn
https://youtu.be/v2m-MGSys0k
Woorde het trefkrag. Neem nou maar die woord “impak.” Soms moet ‘n mens maar teruggaan na die oorsprong van ‘n woord as jy dit regtig wil verstaan. Dalk help die Latynse woordjie - “impactus”. Oorspronklik beteken dit dat een ding diep in iets anders indring. Wanneer so ‘n impak plaasvind, kan dit nie weer ongedaan gemaak word nie.
As ‘n mens mooi daaroor nadink is dit net God wat ‘n permanente impak op mense se lewens kan uitoefen. Ons kan mense se lewens beïnvloed, maar kan ons mense verander? Kan ons aan ander (of onsself) doen wat oor God in Eseg 36:26 gesê word: “Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee”? Kan ons vir ‘n vlakte vol dooie beendere sê, “Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe” (Eseg 37:6)?
Die Bybel gebruik die woordjie “transformasie”. ‘n Totale verandering. Soos Paulus leer, daar is wel ‘n opdrag: “Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees. ’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan. Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee” (Rom 12:1-2, uit Die Boodskap).
Dít is impak! Dit is wie God is!
GEBED: God van impak en transformasie, soos U Gees lewe in doodsheid kan bring, bring dit al meer-en-meer ook in my.
KUNS: Tobias Fendt, Esegiël se Visie, skildery op die grafsteen van Magdalena Mettel, 1565, Die Nasionale Museum in Wroclaw, Pole.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 3 van #Impak kyk ons na ’n liriek-video van “Song of Ezekiel” deur Paul Wilbur.
Uit die liriek:
I hear the sound of the prophet
Declaring the word of the Lord
And I hear the voice of Ezekiel
Prophesying to these dry bones
Live again, live again
Those who were sleeping
Those in the grave
Live again, live again
Those who were sleeping
Those in the grave live again
https://youtu.be/bi3R3Ork7VM
“Ek sal jou seën, en jy moet ‘n seën wees” (Gen 12:2). Hierdie verbondswoorde van God aan Abraham (toe nog Abram) ken ons goed. Maar ons mag nie die woorde wat later volg vergeet nie: “In jou sal al die volke van die aarde geseën wees” (v3)? ‘n Klomp eeue later haal Paulus hierdie einste woorde vir die gemeente in Galasië aan: Danksy Jesus het ons wat nie-Jode is, ook deel aan die seën wat God vir Abraham beloof het (Gal 3:13).
Het Abraham ooit regtig verstaan wat God hom álles beloof het? Verstaan ons ooit? Paulus verduidelik aan die gemeente van Efese dat “God ons in Christus geseën (het) met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is” (1:3). Die woord in Grieks vir geseënd wees is “makarios.” Jesus verduidelik in die bergpredikasie hoe “makarios” lyk, en wie “makarios” is (Matt 5:3-10). Ons vertaal dit met “allergelukkigste.” Dit is nie ‘n gelukskoot soos om die Lotto te wen nie; of die “Hole in One” op die golfbaan nie. “Makarios” is om met absolute tevredenheid en vervuldheid die lewe te leef. Allergelukkigste is hulle wat “begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek” (Ef 3:18).
Dit is om soos Dawid in Psalm 103 te kan sing:
“Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. …
Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie …
Want, so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. …
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.”
GEBED: Ek wil U loof, my Here, omdat U my die goeie in oorvloed laat geniet.
KUNS: Die Karavaan van Abraham, waterverf deur James Tissot, voor 1903 (Joodse Museum, New York)
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 2 van #Impak kyk ons na ’n video-opname van Psalm 103 soos gekomponeer deur Markus Geissbühler in Switserland. Die optrede is deur die Aarde-koor en die Animato Simfonie-orkes.
Markus is oor die jare reg oor die wêreld bekend vir sy komponeer-werk vir kore, simfoniese en strykorkeste. Hy het ook talle ou en nuwe Christelike liedjies verwerk en dit in 'n nuwe simfoniese omgewing geplaas.
https://youtu.be/ETA_ZKoWvTs
Ongeag wie jy is; ongeag waar jy woon, ongeag hoe oud jy is - van een ding kan jy seker wees, so lank as wat jy ‘n asem het, het God met jou lewe ‘n plan. By God is daar nie ‘n ouderdomsbeperking vir belangrike rolspelers nie. Dink nou maar net aan die woorde van Paulus aan ‘n jong tienerseun, Timoteus: “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid” (1 Tim 4:12). Ervaring en talent speel nie by God ‘n rol soos wat dit by ons as mense speel nie. Allermins sou ons die hakkelende Moses as die “CEO” vir die Israeliete gekies het. Wat nog te sê ‘n handvol ongeleerde vissermanne om ‘n boodskap tot “aan die uithoeke van die wêreld te neem. Min van God se medewerkers in die Bybel het onbesproke reputasies: dink nou maar aan Dawid, ‘n koning met bloed aan sy hande; dink aan Saulus, ‘n vervolger van die christene…
Wat ons in die geskiedenis ontdek, is dat die gróót dinge wat gebeur, nie die gevolg is van die gróót heldedade van mense nie. Was dít die geval, dan sou ‘n tema soos “IMPAK” die kollig op ons laat val het. Allermins! Hierdie tema begin by die Gróót IMPAK wat die Gróót God wil uitoefen deur mense van wie ‘n mens dit nooit sou verwag nie. Dink maar aan ‘n kinderlose Abram en Saraï aan wie God die opdrag gee om uit Ur te vertrek, die onbekende in. God het ‘n plan! “Ek sal jou 'n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak.” Eers dan kom God se opdrag: “Jy moet tot 'n seën wees” (Gen 12:2).
As jy dít verstaan, dán eers begin die woord “IMPAK” betekenisvol raak…
GEBED: Grote God, aan U die eer; heerlik is waar U regeer!
KUNS: Rembrandt se Timoteus en sy ouma, 1648.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Impak-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 1 van #Impak kyk ons na die musiekvideo van "Hymn Of Heaven" deur Phil Wickham.
Uit die liriek:
How I long to breathe the air of Heaven
Where pain is gone and mercy fills the streets
To look upon the One who bled to save me
And walk with Him for all eternity
There will be a day when all will bow before Him
There will be a day when death will be no more
Standing face to face with He who died and rose again
Holy, holy is the Lord
Die klavier-weergawe van die lied is ook ons agtergrondmusiek in die reeks se potgooie en video’s.
https://youtu.be/CjB0mkj0XaM
#31 - WEES WYS!
“Sy ken geen kommer oor die toekoms nie. As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde” (Spr 31:25-26).
Iemand wat nie oor die toekoms bekommerd raak nie, só leer Jesus die mense in sy bergpredikasie, is mense wat hulle vir die “koninkryk van God en vir die wil van God” beywer. Dit is die ander wat bekommerd is oor wat hulle moet eet of drink of aantrek wat gebuk gaan onder bekommernis (aldus Matt 6:25-34).
Die enigste mens wat ek ken wat met geen bekommernis leef nie, is die vrou van Spreuke 31. Eintlik klink sy te goed om waar te wees (gaan lees maar self). Waarskynlik is sy eerder Sofia – “Vrou Wysheid”: die een wat ons uitdaag om die mense te word wat ons kán wees. Dalk is die bedoeling nie dat ons so moet werk soos die vrou van Spreuke 31 nie. (Het Jesus nie juis vir Marta, die suster van Lasarus en Maria, berispe omdat sy alles so perfek wou doen nie?) Dalk is dit omdat die “Vrou Wysheid” (Sofia) die ander suster, Maria, so goed verstaan het: die een wat by Jesus se voete gaan sit het en na sy wysheid geluister het. (Lees meer hieroor in Lukas 10:38-42.)
Die vrou van Spreuke 31 gee nie ‘n lewensles dat ons middernag moet opstaan om te begin “weef en spin” nie. Haar les is dat ons (mans én vroue) met liefde moet doen wanneer ons iets doen. Almal van ons word uitgedaag om die koninkryk van God te soek – dit is waar ons wysheid sal vind. Dan is ons nie “besorg en bekommerd oor baie dinge nie,” omdat ons weet, wanneer ons “die beste deel kies, dit nie van ons weggeneem kan word nie” (Luk 10:41-42).
GEBED: Maak my ‘n wyse mens, Here, een wat met liefde leef.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 31 van #WeesWys kyk ons na Händel se "If God Be For Us, Who Can Be Against Us?" deur die sopraan Magdalene Minnaar. Die opname is in die Sarah Baartman-saal by die Universiteit van Kaapstad gedoen. Erik Dippenaar speel die klavesimbel en Leon Starker is die dirigent.
Uit die liriek:
If God be for us, who can be against us?
Who shall lay anything to the charge of God's elect? It is God that justified, who is he that condemned? It is Christ that died, yea rather, that is risen again, who is at the right hand of God, who makes intercession for us.
https://youtu.be/S1M6u8sh8Oo
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
“Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy 'n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie” (Spr 23:17-18).
Toekomshoop! Is daar ‘n mooier woord?!
Die woordjie in Hebreeus - “akh’areet” – wat ons hier met “toekoms” vertaal, is ook die woord wat gebruik word vir “einde” en “begin”. Klink dit na ‘n teenstrydigheid? Nie regtig nie. Die einde van ‘n era impliseer ook die begin van iets nuuts wat nog die heeltyd wag om te kan begin. Is dit nie presies wat ‘n toekoms is nie: sodra die oue klaar is, gaan ‘n nuwe fase begin; ‘n fase wat voorheen nie bekend was nie..
Die probleem is dat min van ons geduldig is. Ons wil nóú weet hoe die toekoms gaan lyk. Daarom glo die volk Israel eerder die valse profete wat vertel dat die ballingskap in Babilonië verby is – hulle kan gereed maak om terug te gaan Jerusalem toe (daarvan lees ons in Jer. 28). Maar, dan kom die profeet Jeremia met ‘n ander profesie: ja, daar ís hoop, daar wag ‘n toekoms: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting” (Jer 29:11). Julle gaan egter nog 70 jaar moet wag voor die einde hiervan aanbreek en ‘n nuwe kan begin. Intussen moet julle voluit aangaan met julle lewe hier in Babel (Jer 29:5-7).
Hierdie spreuk wil ons herinner dat wysheid beteken dat ons op God se beloftes moet vertrou, en nie op die opsigtelike wat ons daagliks om ons sien nie! Soos ons dit in Rom 8:39 ook ontvang: “Niks in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
Dit is toekomshoop!
GEBED: Dankie dat die einde vir ons net die begin is, Here.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 30 van #WeesWys kyk ons na ’n video-opname van “Whatever Your Plan Is” deur Josie Buchanan.
Uit die liriek:
You alone can hold
This heart and all my hope
You're the author and the architect
Of flesh and bone
My future and my past
This life and all my plans
I'm surrendered on the altar
Light the flame again
https://youtu.be/9MoLLtZIxdE
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
“Net twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf” (Spr 30:7).
Wat is jou twee grootste begeertes wat jy graag vervul sou wou hê?
Ons weet dat Salomo eens kon vra net wat sy hartsbegeerte was, en dat hy toe vir God vra: “Gee my tog wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei” (2 Kron 1:10). Wysheid en kennis het God aan Salomo gegee, maar hy het nóg meer ook ontvang: “rykdom, besittings en aansien”. Dit is die Vrygewige God in aksie! Hier, in Spreuke 30, lees ons van die gebed van ‘n onbekende man - “Agur, seun van Jake”. Hy vra ook twee dinge: “moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie en moet my nie arm maak of ryk nie” (vers 8). Lees mooi, dit is net twee dinge: hou my eerlik en hou my van U alleen afhanklik. Dít is die gebed van ‘n wyse: gee aan my integriteit (want mense met integriteit vertel nie leuens nie); en as ek van U alleen afhanklik is, gee my tevredenheid met wat uit U hand kom.
Andrew Murray het eenmaal gesê, dat nederigheid impliseer dat ons weet ons is afhanklik van God. Nederigheid is daarom die mens se hoogste deug. Alle ander goeie deugde word uit nederigheid gebore. Daarenteen is hoogmoed die wortel van elke sonde en boosheid, omdat jy dink jy vir jouself kan sorg.
Jesus het eendag vir die dissipels gesê, “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry” (Joh 15:5,7).
Alles gaan oor die ontdekking van wie jy is, en wie s’n jy is.
GEBED: Gee aan my ook integriteit en tevredenheid, my Here.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 29 van #WeesWys luister ons na Johan Heystek se “Hy Is Die Wynstok, Ons Is Die Lote” deur die Klankekalante op hulle album Jesus is Koning. Net reg om met al die jongelinge te deel.
https://youtu.be/VLVvG0cdLB0
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
“Wysheid is 'n vrou wat langs die straat staan en roep, sy laat haar stem hoor op die stadspleine, sy roep bo die rumoer uit, by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het…” (Spr 1:20, 21).
Wysheid is nie iets is wat jy moet doen nie – dit is byvoorbeeld nie ‘n wenslysie van dinge wat jy moet inoefen tot jy dit – uiteindelik - “reg” kry nie. Wysheid het te make met wie jy is. Dit het te make met WIE jy ‘n verhouding het. Wysheid het ‘n naam – “Sofia” (dit is die Griekse woord vir wysheid).
Salomo stel Sofia voor as iemand wie se stem jy so goed kan leer ken dat wanneer sy bo al die chaos van die lewe jou naam roep, jy haar stem sal herken. Hoe beter jy Sofia se stem leer ken, hoe meer gee sy haar “wysheid in oorvloed” (1:23). Salomo sê dat ons vir Sofia kan sê, “Jy is my suster” (Spr 7:4). Ons praat m.a.w. dieselfde “taal” – ons deel mekaar se DNA.
Presies soos die Spreukeboek begin, só eindig die boek ook met Sofia – die vrou wie se waarde ver bo korale is. “Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte” (Spr 31:31).
In die Nuwe Testament loop wysheid en geloof ook hand-aan-hand. Wysheid en geloof is nie ‘n abstrakte selfstandige naamwoord nie – dit is ‘n werkwoord. Dit is ‘n verhouding. Wysheid begin deur te luister na God se stem. Johannes noem Jesus God se stem (Joh 1:14). Paulus noem Jesus God se wysheid (1 Kor 1:30). Jesus noem homself ons broer (Mark 3:35). Ons deel mekaar se DNA.
“Wees Wys!” sou sekerlik ook genoem kan word: “Volg Sofia se Stem”. Trap in die spore van jou Broer, dan sal jy wys wees!
GEBED: Dankie dat U vir my ‘n voorbeeld gee van wat wysheid is, my Here.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 28 van #WeesWys luister ons na die nuwe vrystelling “If It Comes From You” deur Shaylee Simeone.
Sy skryf: “This song means a lot to me because it was written during a sort of crossroads in my career and ministry. I felt God calling me towards writing worship music, but I kept doubting myself and questioning. Still to this day I find it to be a difficult balance of being confident in what I feel I was created to do while also making sure that I’m following God’s voice and not my own. This song was a way of grounding myself, a reminder that every good and perfect gift comes from Him. He knows where I’ve been, He knows my hopes and dreams. And I only want this if it comes from Him.”
https://youtu.be/zH2ao7xxnaM
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #WeesWys-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
From the publisher's feed