
Sign up to save your podcasts
Or


Iemand het eenmaal gesê, “Tyd alleen saam met God is nooit tyd alleen nie.” Ek het dit onlangs ervaar. Erens het ek die GPS se leiding verkeerd gehoor, en voila, daar land ek op ‘n grondpad – reg deur die Karoo (of so het dit gevoel!) Aanvanklik was ek doodsbenoud, en skielik het die woorde van Paulus by my opgekom: “God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Ek het ‘n keuse gehad: óf ek bly angstig, óf ek gee myself aan die ervaring oor, ontspan en geniet die omgewing. Elke kilometer raak ‘n loflied! Die woorde word my “mantra”: wonderbaarlike rykdom… wonderbaarlike rykdom…
Daardie aand het ek die teks gaan opsoek: “Dit gaan nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. … Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen” (Fil 4:17-20).
Jesus Christus is God se “wonderbaarlike rykdom”: Immers sal God self, “in die tye wat kom (vir die wêreld) laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het” (Ef 2:7). Soos Christus God se wonderbaarlike rykdom” aan ons is, so is die Heilige Gees weer Christus se “wonderbaarlike rykdom” aan ons (aldus Hand 14:26). Die Heilige Gees gee weer aan ons die grootste gawe van alles: liefde (aldus 1 Kor 13:13); en dan nog boonop hoop en geloof ook! Wonderbaarlike rykdom, inderdaad. Jy het geen groter gawe om die wêreld te bied nie as liefde – só bied jy God self aan die wêreld. Dit is ‘n offer met lieflike geur, vir God aanneemlik en welgevallig.
GEBED: Mag my offers van liefde vir U welgevallig wees, my Here en my God!
KUNS-INSPIRASIE: Pierneef se skildery “Karoo” 1932. Tans in die Rupert Museum. Foto van die Erfnisstigting Stellenbosch. "... 'n voorbeeld van 'n landskap vry van mense en oorheers deur 'n uitspansel van die lug met 'n heldhaftige stapel wolke, of 'n berg-silhoeët wat twee-derdes van die ruimte neem - 'n toneel dikwels na verwys as 'Pierneef-gebied'."
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 20 van #Brandpunt kyk ons na die musiekvideo van “There Is A Place” deur Nathaniel Bassey. Nathaniel Bassey is 'n bekende Nigeriese sanger, pastoor, trompetspeler en gospelliedjieskrywer wat in Lagos woon.
Uit die liriek:
There is a place (there is a place)
That I love to dwell (that I love to dwell)
It's the presence of my Father
All the host of heaven gather
Worshiping, bowing down before Him
Let the trumpet sound
https://youtu.be/lWGx7EL_rsQ
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Spottenderwys sê ons maklik, “wette is gemaak om gebreek te word.” (Dit is ook maar net as jy nie uitgevang word nie, né.) Die bedoeling van wetgewing is om ‘n veilige samelewing te verseker, maar, die probleem, aldus Heb 7:19, is dat wette dit nie regkry om “volmaaktheid” te bewerk nie.
Met wetgewing kan ‘n mens nie alle gedrag beheer nie, selfs al sou jy wou. Kan jy iemand keer wat vriendelik of goedhartig wil wees? Kan jy iemand daarvan weerhou om ‘n sagte hart te hê, of om nederig te wees?
Die ou kerkvader uit die 4de eeu, Augustinus, het eenmaal gesê, as jy liefde kies kan jy maar doen wat jy wil. Vanselfsprekend, want kies jy liefde, is jou dade reg. As jy die liefde kies is die belange van jou medemens vir jou so hoog soos jou liefde vir jouself en vir jou Skepper. Die vraag is net, wie het hierdie liefde?
Die Bybel sê dit is moontlik! Moet net nie self probeer nie – verseker sal jy misluk! Máár, daar is ‘n manier hoe om hierdie buitengewone liefde te ontdek – dit is beskikbaar vir almal wat “in die geloof die vrye toegang verkry tot die genade (van God)” (Rom 5:2). Hierdie liefde is vrylik, vrylik beskikbaar: dit is God se liefde wat Hy self “in ons harte uitstort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” (Rom 5:5).
Aldus die teoloog, John Piper, is liefde “die oorvloed van vreugde in God! Dit is nie plig nie. Dit is nie 'n doelgerigte versaking van jou eie beswil t.w.v. die beswil van iemand anders nie. Dit is om self die volheid van God se genade te kon beleef, en om daarna die voorreg te hê om die genade met 'n ander persoon te kan deel.” Liefde is dus ‘n dubbele voorreg!
GEBED: Genadige God, hoe groot is U liefde waaraan U my vrylik laat deel.
KUNS-INSPIRASIE: Kontemporêre Abstrakte Kuns deur “I keep falling in LOVE with Him” van hubpages.com.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 19 van #Brandpunt kyk ons na die musiekvideo van Retief Burger se “Hoe Groot Is U Liefde”.
Uit die liriek:
Geen groter liefde
Het iemand ooit gesien nie
Geen groter liefde
Het die wêreld ooit geken nie
Toe die Een wat sterre
Met Sy Woorde skep
Sy troon verlaat
Om die mensdom te kom red
Hoe groot is U liefde
https://youtu.be/K92OM5oZgyY
Martin Luther - wat met die groot Kerkhervorming in die 16de eeu begin het - het van die Galasiërsbrief gepraat as sy “ander Katie van Bora.” Hy en Katie (dis nou die “regte” een) was baie gelukkig getroud; maar die “ander Katie” – die Galasiërsbrief – het ook sy hart gesteel. Veral die woorde in Gal 2:6, “Ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.” Álles, álles is genade - Sola Gratia! Soos ons gereeld sê, ons kan niks doen dat God ons méér lief sal hê nie; maar ons kan ook niks doen dat God ons mínder sal liefhê nie. Daar is geen wette wat ons moet (of kan) volg om God se genade te kan verdien nie.
In Gal 5:18 herhaal Paulus: “As julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.” Weereens: álles, álles is genade! Daar is wel een “wet” waaroor Paulus nie afwysend was nie – of, soos hy sê, “Teen sulke dinge het die wet niks nie” (5:23) - en dit om die vrug van die Heilige Gees in jou lewe oes te laat oplewer. Net om God se genade nog beter te verstaan: hierdie “wet” (die vrug van die Heilige Gees) is nie iets wat jy kan doen nie, ook dit word aan jou gegee. Al hierdie eienskappe - “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” – is God se geskenk aan jou. Dit kan nie verminder nie, dit kan wel toeneem.
Begeer jy al meer van die vrug van die Gees op alle vlakke van jou lewe? In jou huwelik? In jou beroep? In jou menseverhoudinge? Jy mag ‘n Godvrugtige lewe begeer! God wil dit vir jou gee.
GEBED: Ek begeer, Here, dat U Gees my lewe volledig sal begeer!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 18 van #Brandpunt luister ons na “Genade Reën” van die groep Kaleidoskoop soos op hulle album “Vars Uitgekerf”.
Uit die liriek :
Voel jy en sien jy
Soveel nuwe kleure
Soveel meer vrede
Voel jy en sien jy
Onvoorwaardelike liefde
Onvoorwaardelik vir my
My koördinate gaan bepaal of ek die genadevlug gaan haal
Kaartjie’s gekoop, moet egter steeds as passasier daarop loop
My posisie gaan bepaal of ek kurkdroog onder die afdak staan
Of papsopnat gaan dans in genade reën wat neerslaan
Onlangs moes ek ‘n lang afstand per motor aflê. Net met my eie geselskap kan só ‘n pad nimmereindigend voel, en as dit nie vir die spoedkontrole was nie, sou my voet beslis soms te hard getrap het. Oral langs die pad sien jy waarskuwingsbordjies: oppas, die pad is glad as dit nat is; slaggate voor; verminder spoed; skerp draai, ens. Soortgelyke bordjies word oral in ons eie lewens ook opgerig; ignoreer dit, dan is daar altyd implikasies - óf vir onsself, óf vir ander. Geduld is ons “ry stadiger”-bordjie. Híér kan jy nie nou jaag nie; verminder spoed! Die omstandighede van die pad vereis nou geduld!
Een Bybelwoordeboek definieer geduld as “Godgegewe selfbeheersing in die aangesig van opposisie of onderdrukking”. Wow! Net wanneer jy jouself “in stryd” met iemand (of jouself) of ‘n situasie beleef, dan het jy geduld nodig. Ek moet bely: hoeveel keer ignoreer ek nie die “waarskuwingsbordjies” langs die pad nie, en in plaas van spoed verminder (geduldig wees), trap ek die versneller tot by die rooimeter van ongeduld.
Waarom is geduld vir God so belangrik dat dit as ‘n “vrug van die Heilige Gees” (Gal 5:22) beskou word? Eenvoudig, want God is geduldig! God se wese is liefde; en as Paulus in 1 Kor 13:4 herinner, “Die liefde is geduldig”, daarom is God se wese geduld! Die teenwoordigheid van die God-van-Liefde in ons lewe kan gemeet word aan ons geduld. Omdat ons na die beeld van God geskape is, is enigiets wat ongeduldig is, dus nie ‘n uitbeelding van God nie. Ongeduld is dus ‘n wanuitbeelding van wie God is!
Net soos liefde en vreugde deur gebed groei, so groei geduld ook danksy gebed! “Wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed”, skryf leer Romeine 12:12.
Ek weet, as ek ongeduldig is, dan bid ek te min. En jy?
GEBED: Geduldige God, U wat lankmoedig en vol liefde is, vorm my tot U beeld.
KUNS-INSPIRASIE: Die rooi stop-ampelmännchen op verkeersligte in Duitsland.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 17 van #Brandpunt kyk ons na die liriek-video van Lincoln Brewster se pragtige lied “While I Wait”.
Uit die liriek:
While I wait, I will worship
Lord, I'll worship Your name
While I wait, I will trust You
Lord, I'll trust You all the same
Lincoln skryf hy het so ‘n sterk belewing dat God gesê het "maak goed gebruik van die wag." Dit was die inspirasie vir die lied. “Eerlikwaar, ek is steeds nie baie goed daarmee nie, maar dit het my 'n nuwe hantering vir moeilike en onsekere tye gegee. Wat is 'n beter ding om te doen in 'n tyd van moeilikheid of onsekerheid as om die Een te aanbid wat dit alles in sy hande hou.”
https://youtu.be/NswPPVgMaPE
Wysheid – so het ons nou al gesien - is ‘n geskenk van die Heilige Gees aan gelowiges. As jy wysheid kortkom, mag jy daarvoor bid (Jak 1:5)! En onthou: net jou gedrag kan wys of jy wys is. Dit is wat Paulus die “vrug van die Heilige Gees” noem (Gal 5:22-24), of die “kenmerk” van iemand wat “in en deur en tot” die Heilige Gees leef. Eerstens is dit liefde: “ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid” (1 Joh 3:18). Tweedens sal die vrug van die Heilige Gees die smaak van vreugde hê (sien Dag #15).
Die derde bewys (of kenmerk van die vrug) is vrede. Ons dink gewoonlik dadelik aan die afwesigheid van oorlog; maar soms is ‘n groter oorlog – soos Antonius die Grote (3de eeu) sou sê - daardie een wat in ons gemoed afspeel. Een van my wysheids-leermeesters leer my: “Jou lewe speel af tussen die piektye van groot geluk en meer winterige tye. Leer om deur dit alles op koers te bly en jou nie deur al die winde van die lewe te laat rondpluk nie.”
Soms kan dit ander se verwagtinge wees wat ons rondslinger; maar meestal is dit ons eie verwagtinge en ideale van hoe die lewe behoort te wees, wat ons van ons kalmte van gemoed beroof. Vrede, daarenteen, is om in vertroosting te sit en te weet dat God langs jou sy is, maak nie saak wát nie. Soos Paulus leer, “Godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins” (1 Tim 6:6 – uit die 1953 vertaling). Of, soos ons sing: “As die lewenstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig vrees om te vergaan, tel jou seëninge tel hul een vir een en jy sal verbaas wees oor wat God verleen.”
GEBED: Laat niks my beroof van die gemoedsvrede wat van U af kom nie, my Here.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 16 van #Brandpunt kyk ons na ’n grendeltyd-video van die SingFonix- kamerkoor se “Vrugte van die Gees” lied.
Hulle skryf te midde van die verwoestende werklikheid van die Corona-virus, was dit 'n ryk en lonende ervaring om saam met SingFonix, Betsie en Evert tydens die inperking musiek te maak. “Almal het hul deel by die huis opgeneem en toe dit bymekaar gekom het, het dit my herinner dat die lewe nie perfek is nie, maar die manier waarop ons dit sien, kan mooi wees. Mag elkeen wat betrokke is en elkeen wat luister, geseën word met die vrug van die Gees.”
https://youtu.be/pHx8DLa1NOM
Ek het ‘n hele handvol wyse gelowiges in my lewe na wie ek gaan wanneer ek leiding nodig het. Noem hulle “Span Wysheid”. Nou wonder ek sommer of daar dalk kenmerke by hulle is wat my meer oor wysheid kan leer? Een gegewe is dat hulle mense vol vreugde is! “Vanselfsprekend!” sê hulle asof uit een mond, “hoe anders?” Tog ken ek hulle lewens! Ek weet van pynlike hartseer in elkeen se lewe. Maar daar is ‘n tevredenheid wat diep in hul harte nes geskop het. Amper soos Moeder Teresa van Calcutta van wie iemand eenmaal gesê het: daar is net soveel hartseerplooie in haar gesig, as wat daar blydskapsplooie is. En as ek aan Moeder Teresa dink, kan ek haar net sowel “Moeder Wysheid” noem. Of “Ma Vreugde.”
Ek lees dat Rick Warren hierdie oor vreugde skryf: “Vreugde is die vaste versekering dat God in beheer is van al die besonderhede van my lewe, die stille vertroue dat alles uiteindelik reg gaan wees en die vasbeslote keuse om God in elke situasie te loof.”
Net dit: Weet! Vertrou! Kies! Weet: God is in beheer! Vertrou: Alles sal reg uitloop! Kies: ‘n lewe van lof aan God!
My “Span Wysheid” stem saam: “Vreugde begin en eindig by God. In die begin het God sy vreugde laat oorloop en die heelal gevul met vreugde. Die sondeval het die vreugde egter versluier. Die Kruis het die sluier weggeruk. En nou, met die koms van die Heilige Gees is God - van voor af - weer besig om Sy vreugde vrylik te laat oorloop.”
“Vol blydskap en vol van die Heilige Gees”(Hand 13:58). Só is wyse mense.
GEBED: God van Vreugde, toe U U skepping voltooi het, het U gesê, “alles is goed; alles is báíe goed.” Laat ek dan met daardie ingesteldheid my lewe vir U leef. Vol blydskap en vol van die Heilige Gees.
KUNS-INSPIRASIE: Die skilder Roman Bonchuk van die Oekraïne se “Mother Teresa” (2017). Die kunswerk is in akriel en olie op hout. Kyk na sy werk by: https://www.artmajeur.com/artist-roman-bonchuk
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Op Dag 15 van #Brandpunt luister ons na Tauren Wells se nuwe lied “When We Get There”.
Uit die liriek:
Can’t think of nothing better
Than endless joy forever
Can you feel it
Where rivers run with healing
Straight from the heart of Jesus
Can you see it
Tauren is 'n Amerikaanse Christelike pop-rock en R & B kunstenaar en 'n aanbiddingsleier by Lakewood Church, Houston, Texas. Hy is die voormalige leier vir die Amerikaanse Christelike poprockgroep Royal Tailor, wat twee albums oor 'n loopbaan vyf jaar vervaardig het en twee Grammy-benoemings en 'n Nuwe Kunstenaar van die Jaar-toekenning van die Gospel Music Association Dove Awards ontvang het.
https://youtu.be/sqwd-bedmis
In Hebreeus is die woord vir “sewe” presies dieselfde woord vir “volledig” of “heel”. Vandaar dat die getal sewe in die Bybel so betekenisvol is. (Dink byvoorbeeld aan die sewe skeppingsdae van God, en na die sewende dag sê God nie dat dit “goed” was nie, nee, dit was sommer “baie goed!”)
Thomas van Aquinas (‘n 13de eeu teoloog) het juis n.a.v. die sewe gawes van die Heilige Gees eenmaal gebid: “Gee my, Here my God, 'n verstand om U te ken, 'n hart om U te soek, wysheid om U te vind, gedrag wat U behaag, getroue volharding om op U te wag, en 'n hoop om U uiteindelik te omhels.”
Die sewe gawes van die Heilige Gees is die sewe eienskappe wat die ware Messias van al die ander sou onderskei – so het die Profeet Jesaja voorspel. Maar, tel mooi, Jesaja noem dan net ses:
“Die Gees van die Here sal op hom rus:
die Gees wat wysheid en insig gee,
die Gees wat raad en sterkte gee,
die Gees wat kennis verleen en eerbied (vrees) vir die Here” (11:2).
Nee wag, sê die Kerkvaders, lees mooi, “vrees vir die Here” word twee keer genoem (ook in 11:3.) En ons weet dat vrees vir die Here nie beteken om vir die Here bang te wees nie; dit is om ‘n absolute lojaliteit aan die Here te hê (in Engels noem ons dit “Awe”) en om ‘n vroom lewe te leef. Ja, dit is buitengewone wysheid; kragtige planne en lojale gehoorsaamheid.
As dít die gawes is wat Jesus, as eerste Beelddraer van God, ontvang het; dan is dít die gawes wat élke beelddraer van God sal hê.
GEBED: Soos Thomas van Aquinas bid ek ook dat ek U kan ken, U sal soek; U mag vind; leef soos U vra, sal volhard in my hoop om U eendag te omhels.
KUNS-INSPIRASIE: Die Skildery "Apotheosis of St. Thomas Aquinas" (1631) deur Francisco de Zurbaran. Dit ist in Barok-styl en in die Museum der Schönen Künste von Sevilla, Sevilla, Spanje.
MUSIEK: Op Dag 13 van #Brandpunt kyk ons na die musiek-video van ’n skouspelagtige weergawe van “Awesome God “ deur Michael W. Smith. Die lied is oorspronklik deur Rich Mullins geskryf en vir die opname verwerk deur Smit. Die dromverwerking is deur Chris Leidhecker en die orkestrasie deur David Hamilton.
Uit die liriek:
Our God is an awesome God
He reigns from heaven above
With wisdom, power, and love
Our God is an awesome God
https://youtu.be/sEZDuMGp3WY
In ‘n periode van 3 dekades het die Goeie Nuus van God se koninkryk versprei vanaf Jerusalem oor ‘n groot deel van die Mediterreense streek tot by Rome, selfs tot in Asië in. En dit het by 12 apostels begin! Volgens alle “bemarkingstandaarde” was hulle maar ‘n treurige spulletjie: ongeletterd, geen ervaring, met geen “goeie kontakte” op die regte plekke nie. Tog, teen die einde van Handelinge het die boodskap soos ‘n veldbrand versprei. Teen daardie tyd was by verre die meeste gelowiges glad nie meer “apostels” nie (m.a.w, mense wat Jesus self in hulle leeftyd gesien of hoor preek het nie). En alles gaan oor ‘n hoofkarakter: ‘n eenvoudige timmerman se seun, wat die bekendste mens ooit in die geskiedenis van die mensdom sou word.
En hier sit Lukas ‘n brief en skryf: “Hooggeagte Teofilus,” begin hy. “Stap vir stap” (aldus Luk 1:1-3) begin hy die handelinge van Jesus navors en neerskryf, sodat Teofilus kon weet: hierdie “gerugte” is betroubaar en geloofwaardig. Teofilus moes hoor, die storie hou nie op as Jesus sterf nie. Die handelinge gaan voort. Daarom skryf Lukas die “Handelinge van die Apostels” neer. Wat moes Teofilus hoor? Jesus leef; Hy regeer vanaf die regterhand van God.
As Lukas in ‘n “toekomsbal” kon kyk, sou ‘n latere brief so kon begin: “Dit is die jaar 2022; ver
weg van Rome, aan die suidpunt van Afrika, versprei die veldbrand steeds! Maar, Hooggeagte Teofilus,
het Jesus nie self gesê “die wind waai waar die wind wil” nie” (Joh 3:8).
Die handelinge van die Heilige Gees het nog nie gestop nie! Steeds word bra onindrukwekkende
mense gebruik, mense sonder status - sommige werkloos, sommige huisvroue of pensionarisse; ‘n
onderwyser wat ‘n laerskool-rugbyspannetjie op die platteland afrig; verpleegsters in ‘n hospitaal,
sommige …
soos jy …
GEBED: Laat my lewe en my woorde oor U ‘n kooltjie wees om die veldbrand te versprei, Heilige
Gees.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Op Dag 12 van #Brandpunt kyk ons na ’n video-opname van die bekende gesang “Go Forth And Tell!”. Die opname in die Anglikaanse kerk in Bristol in Engeland gedoen.
Uit die liriek:
Go forth and tell! O Church of God, awake!
God’s saving news to all the nations take.
Proclaim Christ Jesus, Savior, Lord, and King,
That all the world His worthy praise may sing.
Go forth and tell! God offers life to all;
The Lord makes rich all who on Him shall call.
How shall they call if they have never heard
The gracious invitation of His Word?
James Edward Seddon (1915-1983) is die skrywer en die gesang dateer uit 1964.
https://youtu.be/XNyDd9qtuk0
Van kinderkransdae af onthou ek die liedjie, “Laat ons skyn vir Jesus”. Lustig sing ons: “jy in jou klein hoekie en ek in myn.” So baie van ons leef ons verhouding met God so: elkeen in ons eie hoekie, heeltemal gelukkig en tevrede; dankbaar dat ons verlos is en hemel toe gaan.
Dit is ‘n baie misleidende idee as jy dink jy kan jou geloof uitleef, so “in jou eie klein hoekie, rustig, soos ‘n Maria, aan die voete van die Here.” Tog is dit baie gewild - juis omdat dit so min van jou vra. Ek onthou die woorde van ‘n teologiedosent in ‘n klas: “As dit nie vir die vervolging was wat in Jerusalem begin het nie, het die evangelie dalk nooit die uithoeke van die aarde bereik nie.“ Dit is waar - waarvoor sal die Heilige Gees jou “braaf” maak, as braafheid nie nodig is nie? Dit het die Jesusvolgers baie vinnig – aan hul eie lywe – ervaar.
In Handelinge 11:19 kom daar ‘n stroomversnelling: “Deur die vervolging wat na Stefanus se dood ontstaan het, is die gelowiges uitmekaar gejaag. Party van hulle het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan, maar hulle het die woord aan niemand anders as net aan Jode verkondig nie.” Al meer mense is in hegtenis geneem, en tog het “die woord van God verder versprei en veld gewen” (Hand 12:24). Tog weet ons dat God selfs nóg groter planne gehad het: ‘n man, genaamd Saulus, wat “soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig” (9:1), het tot bekering gekom… Die evangelie was vir alle mense bedoel!
Dit lyk vir my asof die Heilige Gees ons juis uit ons gemaksones wil stoot, en ons (soos Dietrich Bonnhoeffer gesê het) “in die arms van God wil werp”. Was dit nie hoe Jesus geleef het nie?
GEBED: Heilige Gees, ek wil graag bruikbaar wees vir die koninkryk – waar dit ook al mag wees.
KUNS-INSPIRASIE: Die skilder Caravaggio se kunswerk “Bekehrung des Paulus”. (1600)
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 11 van #Brandpunt kyk ons na die nuwe musiekvideo van die groep Avalon Worship se weergawe van die lied "Rattle!". Die lied is aanvanklik geskryf deur Steven Furtick, Chris Brown, en Brandon Lake.
Uit die liriek:
Saturday was silent, surely it was through
But since when has impossible ever stopped You
Friday’s disappointment is Sunday’s emptytomb
This is the sound of dry bones rattling
This is the praise
make a dead man walk again
Open the grave, I’m coming out
I’m gonna live, gonna live again
This is the sound of dry bones rattling!
https://youtu.be/ahZFKBrHgTg
From the publisher's feed