
Sign up to save your podcasts
Or


Naas die Psalms is die boek in die Bybel wat die meeste oor hoop skryf (19 keer) die Boek van Job. Is Job nie ook vir jou die toonbeeld van 'n mens - letterlik op die ashoop van wanhoop - wat soekend na antwoorde was nie? Soos ons. Ons wil verstaan: "as ek net weet hoekom dinge uitgewerk het soos dit uitgewerk het, dalk sal ek dan berusting kry…" As Job se verliese net vir hom sin kon maak, want "God het my pad versper, ek kan nie verder nie. Hy het die donker laat toesak oor my pad. … Aan alle kante breek Hy my af, sodat ek moet sterf, Hy laat my hoop verdwyn soos 'n boom wat uitgeruk word" (19:8,10).
Dit is 'n vreemde paadjie wat Job loop - nie om die antwoorde oor die verliese van sy lewe te ontdek nie; maar om te ontdek dat, ten spyte van alles, God goed is. Soos die Australiese teoloog, Francis Andersen, in sy kommentaar oor die Boek van Job skryf: "Dit is een van die vele uitnemendheid van die boek dat Job tot tevredenheid gebring word sonder om ooit al die feite van sy saak te ken ... God stoot Job in 'n ervaring van verlating om dit vir Job moontlik te maak om 'n lewe van naakte geloof te betree, om te leer om God vir Godself alleen lief te hê. Job sê nie op die ou end: Nou sien ek 'dit' alles nie. Hy sien dit nooit alles nie. Hy sien God raak.”
Selfs Jakobus sien hierdie uitnemendheid raak wanneer hy skryf, "Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming" (Jak 5:11).
Dit is LEWENDE HOOP!
GEBED: Dankie, barmhartige en ontfermende God, dat U toelaat om gesien te word!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Op Dag 31 van #LewendeHoop kyk ons na die musiekvideo van “Hoop” van die Oase Gemeente onder leiding van kreatiewe direkteur Tertius Nieuwoudt.
Uit die liriek:
In die donker van die nag bly U my lig
In die middel van die stryd bly U die een
wat oorwinning sal bewerk.
U bly getrou, ek glo dit
Wanneer storms om my woed sal ek bly staan
U's die een wat altyd voor my uit sal gaan
en oorwinning sal bewerk.
U is getrou, ek glo dit
HOOP vir my toekoms, HOOP vir my nou
HOOP wat vir ewig sal bly hou
'n Vaste anker, ek sal nie wankel nie
U is my HOOP
https://youtu.be/z6uSx1oPaNE
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Van een ding kan ons seker wees, ons het hoop so nodig om van te leef, soos wat ons water en suurstof nodig het. Jürgen Moltman - die sg. "Teoloog van Hoop" - het nie teoreties oor hoop (of hooploosheid) geskryf nie. As 'n Duitse soldaat wat 3 jaar lank as 'n gevangene in 'n Britse oorlogskamp deurgebring het, het hy in 1948 teruggekeer na 'n somber Duitsland. Sy ervaring het hom genoop om homself die res van sy lewe toe te wy om oor hoop na te dink. So het hy eenmaal geskryf: “Om sonder hoop te lewe is om op te hou lewe. Die hel is hopeloosheid. Dit is nie bloot toevallig nie dat bokant die ingang van die gedig van Dante oor die hel ("Inferno") geskryf staan: 'Laat alle hoop agter, julle wat hier ingaan.'"
Lank voor hom het 'n ander teoloog, Johannes Chrisostomos (5de eeu), ook oor hoop (en hooploosheid) nagedink. Hy het dit só in 'n preek beskryf: "Die waters styg en hewige storms is reg om ons. Maar ons is nie bang om te verdrink nie, want ons staan vas op 'n rots. Laat die see woed, dit kan nie die rots breek nie. Laat die golwe styg, hulle kan nie die boot van Jesus sink nie.” So het Jesus ook geleer: "Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het" (Matt 7:24). Later sou Paulus skryf, "Niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus" (1 Kor 3:11).
Bokant die deur van 'n huis wat op die Vaste Fondament gebou is, staan geskryf: "Laat alle hooploosheid agter, julle wat hier ingaan." Maak dít jou huis se motto!
GEBED: Dankie, Here, dat ek en my huis U kan dien, wetend U is ons vaste fondament van hoop!
MUSIEK: Op Dag 30 van #LewendeHoop kyk ons na ’n grendeltyd-video van die Nederlandse Christelike Jeugkoor Jigdaljahu se weergawe van die gewilde Sela-groep se lied “Toekomst vol van hoop”.
Uit die liriek:
In de nacht van strijd en zorgen
kijken wij naar U omhoog,
biddend om een nieuwe morgen,
om een toekomst vol van hoop.
Ook al zijn er duizend vragen,
al begrijpen wij U niet,
U blijft ons met liefde dragen,
U die alles overziet.
U geeft een toekomst vol van hoop;
dat heeft U aan ons beloofd.
Niemand anders, U alleen,
leidt ons door dit leven heen.
https://youtu.be/LZ4zZveKZNM
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Ons sien dag-na-dag wat vyandskap aan mense doen: dit verskeur gesinne; dit versuur verhoudings. Ons sien - nuusberig-na-nuusberig - wat vyandskap tussen twee nasies beteken. Die ellende wat mense moet verduur skeur jou hart. "Here God, stuur tog net tussengangers wat kan intree", pleit gelowiges; "bring versoening daar waar daar onmin is."
Paulus skryf oor 'n ander vyandskap - dié tussen mense en hul Skepper: "Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse" (Kol 1:21). Hoe kan daar ooit versoening kom sonder 'n "tussenganger" wat as 'n "brug" kan optree? En waar sal so iemand gevind kan word? Ons is gedoem! Maar - dít is juis die hart van ons christelike geloof - dan tree God na vore: "Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie" (2 Kor 5:19).
In 1 Johannes 2:1-2 leer ons, "…Ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes…" (1 Joh 2:1-2). Maar wat nou as Jesus nie meer "hier" is nie"? Daar is 'n plan B: "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid." Nee, nie 'n "ander" asof dit 'n "verskillende" een is nie. Jesus sê, die sal "Een soos Ek" wees: My Gees.
Jesus se hemelvaart, so weet ons, impliseer dat Jesus "aan God se regterhand" sit en daar pleit Christus namens en ter wille van ons (Rom 8:34). Méér nog: "die Gees self pleit (ook) vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie."
Dít is genade! Dubbele genade!
GEBED: Dankie vir genade dat ek saam kan sing: "Ek behoort aan die Here, Niks sal my ooit van Hom kan skei."
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 29 van #LewendeHoop kyk ons na ’n kunswerk-liriekvideo van die lied “Intercede” deur Amanda Danziger.
Uit die liriek:
Dear Spirit,
I’m weak intercede for me.
Deep inside,
search my heart,
know my mind.
Intercede for me.
Pray the words I cannot.
Search me and know me intercede for me.
https://youtu.be/BfXqdJt1nB0
Ek sal dit so waardeer as jy - nadat jy na hierdie potgooi geluister het - jy dit vir vriende sal aanstuur as 'n motivering waarom julle in Junie 2022 ons #Brandpuntreeks moet volg.
Beurtkrag, so hoor ek, is hier om te bly. Vir 'n lang ruk, minstens. Die teenoorgestelde van beurtkrag is om vrye toegang tot 'n kragbron te hê wat met 'n sterk stroom - ononderbroke - vloei waarby die ganse planeet kan inprop. 'n Kragbron direk uit God se hand! 'n Brandpunt wat die gloed van God kan laat skyn.
Jesus beloof (in Hand 1:9), “Julle sal ‘KRAG’ ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom”. Onbeperk. Vrylik beskikbaar. Dit is ons geskenk.
Paulus bid op 'n stadium 'n gebed vir die gemeente van Efese, en dit begin so:
"Voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word" (Ef 3:14-16.)
Waarom sal ons tevrede wees met geestelike beurtkrag, as ons die kragbron het wat die ganse mensdom kan (en wil) verander - soos wat dit die gekruisigde Jesus tot die Opgestane kon verander.
Pinkster het aangebreek vir christene wêreldwyd. Die wakkerword-tyd. Bekeringstyd. Herlewingstyd. Vernuwingstyd.
Ek nooi jou, kom ondersoek die werk van die Heilige Gees saam met my. Temas soos die vrug van die Gees; die gawes van die Gees; die vernuwing krag van die Gees. Ons onderneem 'n reis in Junie 2022 deur die Bybel met ons vergrootglas om te leer wat God aan ons geopenbaar het; terwyl ons aanhoudend Paulus se gebed saam met hom bid!
30 dagstukke; 30 gepaste musieksnitte; 30 gebede. Die Heilige Gees: God se Brandpunt!
Registreer vandag nog om deel van hierdie groeiende internetbediening te word. Jy ontvang - gratis - 'n daaglikse boodskap per whatsapp om te lees wanneer jy wil. Elke boodskap word ook vergesel met gepaste musiek. Daar is potgooie beskikbaar van elke boodskap wat jy kan aflaai of vir ander kan aanstuur.
Wat kan jy verwag?
• Ek bly weg van maklike antwoorde; die snykant van die lewe het my self al te diep getref;
• Ek is 'n opgeleide teoloog wat my lewe daaraan wy om verantwoordelik met die Bybel te probeer omgaan - wetend dat die Heilige Gees ons altyd verras;
• Ek skryf vir mense wat "dieper" wil nadink as net die oppervlakte. Mense wat al bietjie deur die meule van die lewe gegaan het. Ek dink nie ek skryf net oor "vitamines-vir-die-siel" nie. Dalk skryf ek maar vir myself, oor dit wat ek self meer van wil weet, of wat ek moet leer.
• Dit is inderdaad gratis. Vrywillige donasies maak hierdie bediening moontlik.
Lees meer en registreer hier vir ons nuwe reeks:
https://ronellbezuidenhout.co.za/brandpunt
Agtergrondmusiek: Rejoice Trio se weergawe van "How Great Thou Art".
Die hemelvaart het die "kringloop" van Jesus, as die Seun van God, se lewe voltooi. Dit besef ek terwyl ek Fil 2:5-11 bestudeer. Paulus verduidelik daar: Hy wat "in die gestalte van God was" (v5) moes vrede kom bewerk tussen die mensdom en God, en daarom was Hy bereid om "Homself te verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem" (v6-7). Jesus word 'n mens soos ons, wat die aarde bewandel op dieselfde wyse as ek en jy. Maar, gaan Paulus voort, "Toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis" (v8). Dit is hoe die meeste van ons Jesus beskou - as ons "Persoonlike Saligmaker en Verlosser".
Maar dit is net een kant van die prentjie. Die ander kant is dat Jesus "Here en Koning" is. En dit gebeur by die hemelvaart waar die "vernederde slaaf" terugkeer na vanwaar Hy kom; waar Hy hoort! "God (het) Hom tot die hoogste eer verhef (met ander woorde, "verheerlik" sien Dag 26) en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here” (v9-11).
Dit is die hemelvaart wat Jesus se titel as "Kurios" herstel het: Die Een aan wie alle mag in die hemel en op die aarde gegee is. Nie "Kurios" soos wat dit ook in Grieks "Meneer" of "Onderwyser" of selfs "Keiser" beteken nie. Nee! Sy titel is "Kurios Theos" - "Here God". Die Een wat "aan die regterhand van God" sit - met ander woorde, die Een wat uit daardie posisie van Magtigheid werklik alles regeer.
GEBED: Jesus, Kurios-Koning, níks het groter mag as U nie. Dankie vir die versekering.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 28 van #LewendeHoop kyk ons na die musiekvideo van Brooke Ligertwood se nuwe lied “Banner”.
Uit die liriek:
Lord You are greatly to be praised
And Your faithfulness surrounds You
As all of heaven stands amazed
And creation bows before You
Lord we’ll bow before You
There’s only one Who is worthy
Who overcomes
Who will never fail
Light of the world everlasting
Jesus You are Lord of all
Brooke, beter bekend onder haar nooiensvan as Brooke Fraser, is 'n Nieu-Seelandse sanger en liedjieskrywer wat veral bekend is vir haar treffer-enkelsnit "Something in the Water", wat in 2010 vrygestel is. Sy is ook lid van die Australiese Christelike musiekgroep Hillsong Worship en is die liedjieskrywer en hoofsanger was vir die Grammy-bekroonde liedjie "What a Beautiful Name".
https://youtu.be/W-fBCnAD3p8
Van die vier evangelieskrywers is dit net Lukas wat oor die hemelvaart van Jesus berig het. Was dit maar net omdat Lukas 'n te groot verbeelding gehad het? Hy was dan ook die enigste een wat vertel het van 'n ganse hemelkoor wat Jesus se geboorte aangekondig het. Het hy dalk net vlonkerende sterreligte met engele verwar? Was dit maar net 'n groot kumuluswolk wat hom laat skryf het, "en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem"(Hand 1:9)? As dokter was Lukas tog 'n geleerde man!
As moderne mense fokus ons so op "maar dis mos onmoontlik!", sonder om die buitengewone betekenis te verstaan van wat dit beteken dat Jesus verheerlik is. Dit is wat "opgevaar" beteken: Jesus is "opgelig" tot die ruimte waar - eksklusief - net God is! Daar sit Hy aan God se regterhand. 100% deel Hy in God se mag én krag én heerskappy. "Aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk" (Ef 1:21-22).
Die dissipels kry die opdrag om sy lewenstaak voort te sit. Daarvoor - so belowe Hy - sal hulle krag ontvang: die Krag van die Heilige Gees. Dit is die krag van die Heilige Gees wat die Jesusvolgers - die Kerk - in staat gaan stel om getuies te wees, "tot aan die uiterste van die aarde" (Hand 1:9). Dit is amper asof 'n mens die engele hoor sê, "as julle gedink het wat Jesus gedoen het was indrukwekkend, wag tot julle hierdie sien…"
Soos die opstanding die bewys was dat God 'n nuwe plan vir mense moontlik gemaak het, so is die hemelvaart die bewys dat God 'n "voertuig" het om hierdie plan te laat realiseer: die Kerk. Aan die hoof daarvan is die verheerlikte Jesus! Ons het 'n "dubbele" bewys! Op aarde en in die hemel!
GEBED: Dankie, Here, dat U my deel van hierdie plan gemaak het!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 27 van #LewendeHoop kyk ons na ’n video-opname van ’n kubervertoning deur Lenny LeBlanc van sy treffer “Above All - There Is None Like You”saam met Rachel Robinson.
Uit die liriek:
Above all powers above all kings
Above all nature and all created things
Above all wisdom and all the ways of man
You were here before the world began
Above all kingdoms above all thrones
Above all wonders the world has ever known
Above all wealth and treasures of the earth
There's no way to measure
What You're worth
Crucified laid behind the stone
You lived to die rejected and alone
Like a rose trampled on the ground
You took the fall and thought of me
Above all
There Is None Like You
https://youtu.be/o-UkkiHR7v8
Sören Kierkegaard, die Deense filosoof en teoloog uit die 19de eeu het gesê, "Jy leer om die lewe te verstaan deur agtertoe te kyk, maar jy moet dit vorentoe leef."
Met elke nuwe kerklike seisoen wat ons ingaan, is dit vir ons 'n HERINNERING VAN ONTHOU, maar gelyktydig is dit ook vir ons 'n UITNODIGING OM TE LEEF! So het ons op Aswoensdag met ons reis na die kruis - "SPOORLANGS" - begin stap: onthou … uitnooi … onthou … uitnooi. Op Opstandingsondag het ons ons reis voortgesit: al nadenkend oor die Skepper van Hoop, uitgenooi om self hoopvol te leef. Vandag kom ons by die Dag van Afskeidneem: Jesus se hemelvaart. Maar, as ons hieraan slegs as 'n buitengewone gebeurtenis in die geskiedenis dink, asof dit net 'n agtertoe-kyk dag is, maak ons 'n fout. Dit is veral 'n "vorentoe-kyk" dag. Immers het Jesus vir die dissipels geleer: "In die huis van my Vader is daar baie woonplek. … Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh 14:2). "Julle gaan nie as weeskinders agterbly nie, Ek sal die Vader vra, (om) vir julle 'n ander Voorspraak te stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid" (Joh 14:16).
Juis daarom word die dissipels, met daardie "groet-dag" deur die twee mans in wit klere (Hand 1:10) aangemoedig om nie so verlangend "na die hemel" te staan en staar nie (1:11). Gaan terug Jerusalem toe, dit is waar die Gees julle sal ontmoet. Dit is waar die lewe wag! Fokus op die toekoms. Wetend, "hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal terugkom …” (v11).
GEBED: Gees van die Waarheid, dankie dat ek voluit mag leef!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 26 van #LewendeHoop kyk ons na die opname van “Ons Koning Kom” tydens Skouspel 2009. Bobby van Jaarsveld en Juanita du Plessis tree op saam met onder meer die voormalige Romanz-groep, Nianell, Brandon October, Arno Jordaan, Jennifer Jones, Rina Hugo, Jannie Moolman, Bok van Blerk, Bala Brothers, Gloria Bosman en Elizma Theron.
https://youtu.be/mfC6Is7-3p4
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
As tiener was ek 'n passievolle redenaarskompeteerder. Níks kan goeie en logiese argumente klop nie! Die Duitse teoloog uit die vroeg-17de eeu, David Pareus, het geskryf, "Twyfel het twee argumente: sal God dit doen? en, kan God dit doen? Geloof, daarenteen het ook twee argumente: God sal dit doen, en, God kan dit doen." Inderdaad! God sal, want God het belowe, en God kan, want God is die almagtige." Hoe maak jy 'n keuse? Eenvoudig: watter argumente weeg vir jou die swaarste?
Alles in die lewe berus eintlik op twee keuses: "ja" of "nee". Gaan jy? Of, gaan jy nie? Ek dink nou byvoorbeeld aan Paulus se woorde, "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend" (Fil 4:6). Klink dit nie presies soos Jesus se woorde in sy bergpredikasie nie: "Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie. …Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God" (Matt 6:25, 33).
Net 'n rukkie vroeër het Jesus gesê, “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel" (Matt 5:33). Mense wat op God vertrou, is mense wat algaande leer dat God sal, want God het belowe; en God kan, want God is die almagtige. Die belofte is duidelik: As God vir die voëls en die veldlelies sorg, "hoeveel te meer sal God dan nie vir gelowiges sorg nie nie" (Matt 6:30)!
Elke keuse het gevolge. Daarom herinner Paulus ons ook wat die gevolg is as ons God met ons behoeftes vertrou: "Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus" (Fil 4:6-7).
Gemoedsrus en -kalmte is dus vir elkeen van ons beskore!
GEBED: Leer my om op U beloftes te vertrou, Here.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 25 van #LewendeHoop kyk ons na die musiekvideo van Riana Nel en Retief Burger se Afrikaanse weergawe van “Die Seën”.
Uit die liriek:
Die Here seën jou, en bewaar jou
Skyn Sy aangesig oor jou, mag Hy
Die Here draai Sy, gesig na jou
Mag Hy jou vrede gee
https://youtu.be/0_TdJq2YGSg
Een van die moeiliker beloftes van God om te verstaan, is daardie een in Rom 8:28, "… dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet …" Ons het die belofte dat God altyd by ons is (#22). Ons het die belofte dat God ons lief het (#23). Maar, om vas te hou aan Rom 8:28 - dat God alles tot ons beswil laat uitwerk? Terwyl jou wêreld uitmekaar val? Dit maak net nie sin nie! Eendag, ja, as ons in die hemel is - dit glo ek ook. Maar hier op aarde? Alles tot ons beswil?
My vriende se dogtertjie het 'n breintumor gekry as 'n drie-jarige. Die ellende waardeur hulle moes gaan, skeur jou hart uit jou borskas uit: 'n eens borrellende kindjie, later blind en afgetakel… Hoeveel nagte het hulle selgroep nie saam gebid nie (en mekaar herinner aan die beloftes van God dat die gebede van gelowiges verhoor sal word). Tot almal later geweet het: hier is geen hoop meer nie…
Tot daardie een oggend dat my vriendin by my huis ingestap het. Iets het verander - daar was kalmte in haar stem. "Hier is waarom dit met ons goed gaan", het sy gesê en 2 Kor 12:9 uit haar kop begin opsê, "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Terwyl trane oor haar wange geloop het, het sy voort gegaan, "Ek sal liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees." (Maande later was dit hul dogtertjie se begrafnisteks.)
God se genade dra jou wanneer jy nie verder kan loop nie; God se Gees versterk jou wanneer jy kragteloos is. Nie eers eendag nie … nou al!
GEBED: Ek glo dat U alles ten goede laat uitwerk, selfs al het ek net U genade om aan vas te hou!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 24 van #LewendeHoop kyk ons na ’n musiek-video van “U Genade” deur Johnny Davids. Hy tree op saam met Gavin Maralack, Vernon Segole, Reggie Pretorius en Theo Lapoorta.
https://youtu.be/xAFUSrAjhR8
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Daar is 'n belofte wat net uit sewe - volmaakte - woorde bestaan: "Ek sal vir jou 'n God wees." Die verbondswoorde aan Abraham: "Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag" (Gen 17:7). Dieselfde belofte wat God aan Israel maak, "Ek sal in julle midde wandel en vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees" (Lev 26:12). Oor en oor lees ons hierdie verbintenis van God aan die volk - selfs nadat die volk "hul" God verruil vir ander volkere se gode. Dit is asof 'n mens verwag dat God een of ander tyd moed sou moes opgee met die volk! Hoeveel keer kan God dan nóg vergewe, en van voor af begin? Watter "tipe" God is hierdie God?
Die antwoord is in die hartstogtelike liefdesverklaring van God in Hosea 11:8-9. God kan nie anders nie: "Hoe kan Ek jou prysgee… Hoe kan Ek jou laat vaar… Hoe kan Ek jou vernietig …? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. Ek sal my gloeiende toorn bedwing Ek sal nie so ver gaan en (jou) uitwis nie…" Hoe is dit moontlik, wil jy uitroep! Die volk Israel het immers geweet wat gebeur as die Egiptiese of Kanaänitiese gode kwaadword… Selfs ons weet wat gebeur as mense kwaad word vir mekaar… Asof God ons gedagtes kan lees, herinner God: "Ek is God, nie 'n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie" (11:9).
Daar is genoeg profete in ons tyd wat oor die oordeel van God praat. Ek wonder of daar genoeg profete is wat oor die God van Hosea praat? Die God van tweede (en derde en vierde …) kanse.
GEBED: Dankie dat U liefde vir my ook te sterk brand! Daaroor wil ek getuig, my Here!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
KUNSBRON: James Tissot se kunswerk “God's Promises to Abram” (1896-1902)
MUSIEK: Op Dag 23 van #Lewende Hoop kyk ons na ’n video-opname van “Your Word, O Lord, is gentle dew” soos oorspronklik geskryf deur Karl B Grave en John Rodriques. Die opname is in die Nuwe Apostoliese Kerk Railton op Swellendam gedoen. Die sopraan is Leahandré Buys, die bariton Edwin Penningsen die orrelis Jan du Toit.
https://youtu.be/TBg5gYlW1hY
From the publisher's feed