Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met kontek... more
FAQs about Route326 met Francois en Anelma:How many episodes does Route326 met Francois en Anelma have?The podcast currently has 1,073 episodes available.
October 16, 2020Lunch Punch: Cato Bekker oor Die Uitnodiging op kykNETDie Uitnodiging is 'n splinternuwe realiteitsreeks wat onlangs op kykNET begin wys het. Met die afgelope inperking het mense opnuut besef hoe belangrik verhoudings in die lewe is. Cato Bekker is die aanbieder en vervaardiger van hierdie program wat poog om mense met mekaar te versoen....more6minPlay
October 16, 2020Lunch Punch: Gerduan Kemp oor Sesde SintuigDie Bloemfonteinse sanger en fotograaf Gerduan Kemp het kom gesels oor sy splinternuwe enkelsnit Sesde Sintuig. Geskryf deur Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe....more20minPlay
October 16, 2020Lunch Punch: Frank Opperman oor Steeds Donkie in Atterbury KolligFrank Opperman is 'n huishoudelike naam. Maar net soos baie ander akteurs kon hy die afgelope paar maande nie voor gehore optree nie. Hy gesels oor sy opvolgproduksie "Steeds Donkie" en vertel opgewonde hoe hy besig is met repetisies hiervoor. Die vertoning is op 25 Oktober 2020 by die Atterbury Teater in Pretoria op die planke....more6minPlay
October 14, 2020Lunch Punch: Stefan Jansen oor Verdienste & GenadePlaaslike sanger, musikant en liedjieskrywer Stefan Jansen is al oor die afgelope sestien jaar in die musiekbedryf doenig. Hy stel sy nuwe enkelsnit "Verdienste & Genade" eksklusief in die Lunch Punch vry. Ons vind meer uit oor sy skoolloopbaan, kitaarlesse, studies in Regte en musiek as goue draadjie deur dit alles geweef......more28minPlay
October 05, 2020Lunch Punch: Vat 5 met Juffrou Elna Terblanché op Wêreld OnderwysersdagFrancois se vyf vrae aan juffrou Elna Terblanché, sy Afrikaanse onderwyseres van Hoërskool Standerton, op Wêreld Onderwysersdag....more8minPlay
October 02, 2020Lunch Punch: Andriëtte oor HartslandAndriëtte Norman het in 2007 landswyd ‘n huishoudelike naam geword nadat sy as naaswenner aangewys was in die vierde seisoen van Idols SA. Sy kom gesels oor Hartsland, haar 6de Afrikaanse albumuitreiking en verklap hoekom sy vir 'n rukkie stil was....more23minPlay
October 01, 2020Lunch Punch: SANBS se tele-bemarker Johlene Volschenk oor kritiese bloedtekortJohlene Volschenk sê die tekort aan bloed is kritiek, soveel so dat dit op die oomblik as 'n nasionale krisis beskou word. Die SANBS sit tans met 2 dae se voorraad, waar hulle oor die algemeen 'n minimum van 3 dae se voorraad benodig om aan die aanvraag van hospitale te voldoen. Daar is intussen al begin met "cut backs" en hulle rig tans 'n versoek aan die publiek om asseblief so gou as moontlik bloed te gaan skenk. Jou bloed red lewens....more7minPlay
September 29, 2020Lunch Punch: Naomi Langeveldt - Gesondheidsbevorderingsbeampte van The Heart And Stroke Foundation SA op World Heart DayNaomi Langeveldt is 'n verpleegster en gesondheidsnavorser met meer as 20 jaar ervaring in die veld. Sy het begin Maart 2020 by The Heart And Stroke Foundation van Suid-Afrika aangesluit as gesondheidsbevorderingsbeampte in Kaapstad. Naomi is passievol oor die opvoeding en werk met verskillende gemeenskappe en glo dat haar ervaring oor die jare van groot waarde sal wees. Sy gesels met ons in die Lunch Punch oor World Heart Day en gee 'n paar praktiese wenke wat kan help om jou hart gesond te hou....more9minPlay
September 25, 2020Lunch Punch: Carma oor Skadu's Van Grys ft. Waldo GreeffDie sangeres Carma kuier in die ateljee en vertel opgewonde meer oor die liedjie wat sy saam met Waldo Greeff opgeneem het. Saam delf hulle in die mensdom se skadu's van grys....more22minPlay
September 18, 2020Lunch Punch: Jae-Lynne van Aswegen - Jou Groot Talent sangafdeling wennerDie twaalf-jarige Jae-Lynne van Aswegen van Laerskool Constantia Park in Pretoria, was self verbaas toe sy hoor haar ma het haar video ingeskryf vir die Jou Groot Talent kompetisie. Sy vertel ons hoe sy gevoel het nadat sy as wenner van die sangafdeling aangewys is en sing sommer vir ons 'n stukkie van een van haar gunsteling liedjies....more8minPlay
FAQs about Route326 met Francois en Anelma:How many episodes does Route326 met Francois en Anelma have?The podcast currently has 1,073 episodes available.