John Theodore is 'n boorling van Oudsthoorn. Dis ook waar hy sy eerste klavierlesse gekry het. Ná sy skool- en universiteitsopleiding, het sy loopbaan vlamgevat, wat verskeie pryse en optredes insluit. Hy is een van vier kunstenaars wat vanjaar deur die KKNK vereer word vir hulle bydrae tot die kunste, en in John se geval, vir sy bydrae tot musiek. Terrance April het 'n eksklusiewe onderhoud vir RSG met John gevoer.