Die Blou Bulle-maatskappy het bevestig dat Jake White as direkteur van rugby aangestel is. Die voormalige Springbokafrigter, wat die afrigter van die seëvierende 2007-wêreldbekerspan was, sluit onmiddelik by die Bulls aan. Sy kontrak is tot en met die Wêreldbekertoernooi in 2023 van krag. Alan Zondgah wat die pos beklee het, het vroeër vanjaar uitgetree. White het in die jongste tyd die Toyota Verblitz in Japan afgerig. Sy afrigtingsloopbaan het in die jare tagtig begin. Jody Hendricks het met White gepraat.