Die nuutaangestelde waarnemende bestuurshoof van Krieket Suid-Afrika, Jacques Faul, sê die organisasie kán reggeruk word. Hy neem die leisels by die geskorste Thabang Moroe oor. Faul was voorheen die hoofbestuurder van die Titans, en het ook al vantevore as KSA se bestuurshoof waargeneem. Hy sal in sy pos bygestaan word deur die voormalige president van die Internasionale Krieketraad, Dave Richardson. Jody Hendricks het kort ná sy aanstelling met Faul in RSG Sport gepraat.