Sally Andrew se Tannie Maria misdaadromans is reeds in 14 tale vertaal en ook in ‘n internasionale TV-reeks verwerk. Ilse Salzwedel gesels met Andrew oor The Milktart Murders. Daar is reeds vier boeke in die reeks, wat in die styl van die Agatha Christie-misdaadverhale geskryf is, maar met ‘n lekker koskinkel in die kabel, want Tannie Maria is boonop ‘n troostante wat heerlike kos en resepte gebruik om mense met hulle probleme te help. Die jongste Tannie Maria-boek, The Milktart Murders, is op Nasionale Melktertdag uitgereik, en ja, daar is melkterte in die storie! Johan Myburg het nuus oor ‘n Britse leesveldtog, ‘n kortverhaal van die Japannese skrywer Haruki Murakami wat gelei het tot ‘n rolprent wat met ‘n Oscar bekroon is, die Hay-letterkundefees in Wallis en die kortlys vir die Booker International-prys vir vertaalde werk. Dis weer tyd vir RSG en Sanlam se jaarlikse radiodramaskryfkompetisie. KKobus Burger vertel meer. Twee bekendes in die boekewêreld, Frederik de Jager en Frieda Le Roux, vertel watter boeke hulle betower het.