Ons vind meer uit van Marinda van Zyl se nuutste roman VELDHOSPITAAL 12. Vandag is Wêreldvoorleesdag, en Erika Lourens, die Laerskool Eikestad se pas afgetrede en baie inspirerende biblioteekjuffrou, gee raad om kinders aan die lees te kry en te hou. Jy kan ook uitvind waar om gratis kinderstories af te laai ter viering van Wêreldvoorleesdag. Johan Myburg het nuus oor die Bookerpryswenner Keri Hulme, wat onlangs oorlede is, en Colm Tóibín se aanwysing as Ierland se amptelike skrywer. Hy vertel ook van ‘n splinternuwe, opwindende en boonop gratis manier om James Joyce se ULYSSES te geniet.