Suzette Kotze-Myburgh gesels met Audrey Jantjies oor haar debuutroman, AS DIE KATJIEPIERING BLOM. Deborah Steinmair vertel vir Ilse Salzwedel van IEWERS, ÊRENS, ‘n pragtige kuns- en storieboek oor die werk van die Rosendalse skilder WILLEM PRETORIUS. In Johan Myburg se internasionale insetsel bring hy hulde aan Shirley Hughes, die Britse kinderboekskrywer en illustreerder wat verlede week oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die PEN Amerika-letterkundepryse. Dan is daar nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Ierse topverkoperskrywer Marian Keyes, en die Suid-Afrikaanse roman CHASING MARIAN, wat handel oor vier Marian Keyes-aanhangers, wat ook pas verskyn het.