Suzette Kotze-Myburg en Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel stigting se skrywers- en boekprogramme. Sidney Gilroy en Suzette Kotze-Myburgh gesels oor sy roman MIDDERNAG, wat onlangs bekroon is as mees verfilmbare roman van 2020, en hoe hy dit regkry om filmies te skryf. Johan Myburg vertel meer oor die Week van het Nederlands, wat vanjaar vir die eerste keer in Suid Afrika aangebied word, en bring hulde aan Jack Hirschman, Amerikaanse digter, poet laureat en aktivis, wat onlangs oorlede is.