Ilse Salzwedel gesels met Frederik de Jager oor sy bundel rubrieke, MAN OP 'N FIETS ÊRENS HEEN. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die internasionale Bookerprys, nog polemiek rondom die biografie van Phillip Roth en ‘n biografie oor die skrywer Edward Said. Verlede week het ons Wêreldboekedag gevier, en die skrywers Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Didi Potgieter, Fanie Viljoen, Madelein Rust, Jaco Jacobs, Beneschke Janse van Rensburg en Johan Myburg vertel van hulle eerste kennismaking met boeke.