Ilse Salzwedel gesels met Dibi Symington oor haar nuwe roman STOM GODE, en oor THE CHOICE, die inspirerende ware lewensverhaal van dr. Edith Eger, ‘n oorlewende van die Duitse konsentrasiekampe. Johan Myburg bring hulde aan die digter en uitgewer, Gus Ferguson, en gesels oor nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers. Hy vertel ook meer oor die werk van George Orwell, wat binnekort heruitgegee word, en jy kan luister na ‘n voorlesing uit Animal Farm.