Ilse Salzwedel gesels met die die skrywer van RSG se nuwe kinderstorie, BLINKTAND VAN BOSVELDPARADYS, wat ook in boekvorm beskikbaar is. Jy kan ook luister na die eerste episode van hierdie baie oulike nuwe verhaal. Kom vind meer uit oor die Vrystaat Kunstefees se boekprogram VRY-SPRAAK DIGITAAL, wat deur die loop van September aanlyn aangebied word. 'n Leser gee haar indrukke van Henriette Linde-Laubscher se nuwe gotiese roman PLEK VAN POUE, en Johan Myburg gesels oor die wenner van die Bookerprys, die vrou wat Gabriel García Márquez beskryf het as sy muse, en die Indiese digter Varavara Rao se aanhouding.