Ses dekades gelede is Afrikaanse letterkunde heeltemal verander deur 'n groep skrywers, digters en dramaturge na wie steeds verwys word as die Sestigers. Luister in hierdie program na 'n informele gesprek (uit die argiewe) wat opgeneem is tydens Bartho Smit se sestigste verjaarsdag in 1984. Jy kan die stemme hoor van Smit, Chris Barnard, Jan Rabie, Andre P. Brink en Etienne Leroux. In sy insetsel kyk Johan Myburg na die finaliste vir die Women's Prize for Fiction, en gesels ook oor skrywers wat supervirusse en pandemies in hul fiksie beskryf het.