Die baanbreker-uitgewer, Cecilia Britz, is verlede week oorlede. Luister na 'n huldeblyk ook die vrou wat Afrikaanse ontspanningsfiksie nuwe momentum gegee het. Vir sy internasionale bydrae, het Johan Myburg twee baie besondere argiefopnames opgespoor. Die ikoniese Amerikaanse digter Robert Frost lees een van sy eie gedigte voor, en die Walliese skrywer Dylan Thomas lees 'n gedeelte van een van sy essays voor.