Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Skrywers en Boeke:How many episodes does Skrywers en Boeke have?The podcast currently has 734 episodes available.
September 11, 2019Skrywers en Boeke 11 September 2019Ilse Salzwedel gesels met Andries Buys, skrywer van die veelbekroonde boek DIE DAO VAN DAAN VAN DER WALT. Dit is verlede week aangewys as dioe wenner van die gesogte ATKV-Prosaprys. Hulle gesels oor die boek se ontstaan, en hoekom hy besluit het om dit onder 'n skuilnaam te publiseer. Die boek is reeds voorheen met drie literêre pryse bekroon....more24minPlay
September 04, 2019Skrywers en Boeke 4 September 2019Ilse Salzwedel gesels met Nadia de Kock oor haar roman DIE WOLKVERSAMELAARS. Francois Lötter vertel van die Tuin van Digters wat op 13 en 14 September by die Breytenbachsentrum in Wellington plaasvind, en Johan Myburg gesels onder meer oor die pas afgelope Edinburgh-boekefees....more46minPlay
August 28, 2019Skrywers en Boeke 28 Augustus 2019Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunsteling fiksieboeke uit onlangse nuwe publikasies. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde....more51minPlay
August 21, 2019Skrywers en Boeke 21 Augustus 2019Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green oor goeie nie-fiksie boeke wat in die laaste paar maande verskyn het. In Johan Myburg se internasionale insetsel is daar ook nuus oor 'n internasionale nie-fiksie werk wat onlangs bekroon is....more54minPlay
August 14, 2019Skrywers en Boeke 14 Augustus 2019Ilse Salzwedel gesels met Lize Albertyn-Du Toit oor haar debuutroman DIE KINDERS VAN SPOOKWERWE. Jy kan ook luister na 'n kort argiefonderhoud uit 1964 waarin Verna Vels met die digter Ingrid Jonker gesels oor haar werk. Johan Myburg fokus in sy internasionale bydrae op die skrywer Toni Morrison, wat onlangs oorlede is. Daar is ook 'n kort onderhoud met Morrison....more50minPlay
August 07, 2019Skrywers en Boeke 7 Augustus 2019Ilse Salzwedel gesels met Kirby van der Merwe oor sy vertalings van Carol Campbell se DIE SKILPAD SE LAASTE TRAAN en Meg Vannermerwe se VROU VAN DIE KLIPPESEE. Carla van der Spuy vertel meer oor haar jongste boek LIEFDE AGTER TRALIES en haar belangstelling in ware misdaad. Chareldine van der Merwe vertel meer van die Vriende Van Afrikaans se Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag op 14 Augustus....more44minPlay
July 31, 2019Skrywers en Boeke 31 Julie 2019Die bekroonde skrywer en dramaturg, Harry Kalmer, is onlangs oorlede. Luister na 'n onderhoud wat Corina van der Spoel in 2014 met hom gevoer het oor sy bekroonde boek 'N 1000 STORIES OOR JOHANNESBURG. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe nie-fiksie vir volwassenes en oulike nuwe kinder- en jeugboeke. En Johan Myburg gesels onder meer oor twee internasionale boekpryse....more50minPlay
July 24, 2019Skrywers en Boeke 24 Julie 2019Jeanne Goosen het onlangs haar 81e verjaarsdag gevier. Luister na 'n onderhoud uit die argiewe waarin Jeanne met wyle Nic Swanepoel gesels oor haar skryfwerk. Kortverhaalskrywers kan meer uitvind van die skryfkompetisie waaruit die US Woordfeesbundelbydraes gekies word. In Johan Myburg se bydrae oor die internasionale letterkunde is daar onder andere 'n voorlesing deur Alice Walker, skrywer van The Color Purple....more45minPlay
July 17, 2019Skrywers en Boeke 17 Julie 2019Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout oor DIE DEKONSTUKSIE VAN RETTA BLOM, haar eerste roman vir volwassenes, en oor haar bekroonde jeugroman AS MENS GELUK KON PROE. Bernette Bergenthuin gesels met Ilse oor haar nuwe roman DIE LEWE VIR BEGINNERS. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe prys vir vroueskrywers van komiese Britse fiksie....more47minPlay
July 10, 2019Skrywers en Boeke 10 Julie 2019John W. Frederick, die skrywer van NOEM MY SKOLLIE (wat ook in 'n rolprent verwerk is) is onlangs oorlede. Luister na 'n argiefonderhoud waarin hy vertel hoe stories en boeke hom teen tronkbendes beskerm het. Hoor wat is alles op die program by die Montagu Boekefees en die Elgin/Grabouw Krimifees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor die rolprent Pan's Labyrinth wat nou in boekvorm verskyn....more40minPlay
FAQs about Skrywers en Boeke:How many episodes does Skrywers en Boeke have?The podcast currently has 734 episodes available.