Die Week van die Afrikaanse Roman het onlangs in Nederland plaasgevind, en Milton Webber was daar. Hy het onder andere 'n vertaalslypskool bygewoon waar hy met Karin Brynard, die skrywer van TUISLAND, en drie Nederlandse vertalers gesels het oor die kuns van vertaling. Luister ook hoe het Valda Jansen die week in Nederland ervaar het. Die skrywer, Engemi Ferreira, is onlangs oorlede, en jy kan luister na 'n voorlesing van een van haar kortverhale. En as jy meer wil weet oor die skrywers wat met die Nobelpryse vir letterkunde vir die afgelope twee jaar bekroon is, moet jy beslis luister na Johan Myburg se insetsel.