Die skrywer, letterkundige en taalaktivis, prof. Ampie Coetzee, is onlangs oorlede. Drie van sy kollegas en vriende, prof. Hein Willemse, prof. Steward van Wyk en Theo Kemp, vertel vir Ilse Salzwedel hoe hulle Coetzee onthou. Johan Myburg bring hulde aan wyle prof. Stephan Gray, Suid-Afrikaanse digter en skrywer wat ook internasionaal bekend was. Jy kan ook meer uitvind oor Britse biblioteekgebruikers se leespatrone tydens inperking, en Bill Bryson se toekomsplanne. Die name van skrywers wat met ATKV-Woordveertjies bekroon is, word ook aangekondig.