Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Skrywers en Boeke:How many episodes does Skrywers en Boeke have?The podcast currently has 734 episodes available.
July 19, 201719 JulIlse Salzwedel gesels met Lloyd Zandberg oor sy bundel komiese rubrieke PER ONGELUK. Sy was ook by die Innibos Kinderboekekrôl, en gesels met die kinders oor hierdie unieke ervaring. Luister ook na wat alles die res van die week by die Vrystaat Literatuurfees aangebied word. Johan Myburg gesels in sy internasionale boeke-insetsel onder meer oor Maurice Sendak. Hierdie week se Afrika-skrywer is Helon Habila....more49minPlay
July 12, 201712 JulIlse Salzwedel gesels met Santie van der Merwe oor haar nuwe roman VER IN DIE WÊRELD KITTIE. Laurinda Hofmeyer vertel waar haar liefde vir die Afrikaanse digkuns vandaan kom, en jy kan ook luister na haar toonsetting van S.J. Pretorius se gedig VERVULLING. Erns Grundling vertel meer oor sy sonderlinge reisboek en memoir ELDERS. Johan Myburg deel interessanthede oor internasionale letterkunde....more50minPlay
July 05, 20175 Jul'n Regstreekse uitsending van die Innibos-fees. Ilse Salzwedel en die hoof van RSG-drama, Kobus Burger, gesels met die skrywers Lerina Erasmus en Etienne van Heerden, en Annemarie van der Walt, die organiseerder van Innibos se boekprogram....more55minPlay
June 28, 201728 JunSuzette Kotze-Myburgh gesels met Mariel le Roux oor haar jongste roman ISABELLA. Ilse Salzwedel gesels met Elkarien Fourie oor haar nie-fiksie boek oor China, VAT JOU HELE HART. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor Sebastian Barry se DAYS WITHOUT END, en die Afrika-skrywer is Nuruddin Farah van Somalië....more49minPlay
June 21, 201721 JunIlse Salzwedel gesels met Marion Erskine oor sy jeugroman VLERKE VIR ALMAL. Dis 'n gesprek waarna tieners en hul ouers gerus kan luister. Johan Myburg gesels oor die Manbooker-prys en jy kan ook luister na 'n stukkie van Bob Dylan se aanvaardingstoespraak vir sy Nobelprys vir letterkunde....more51minPlay
June 14, 201714 JunProf. Hans du Plessis gesels met Ilse Salzwedel oor sy jarelange vriend, P.G. du Plessis. Theo Kemp vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees. Terrance April vertel meer oor die skrywer Thomas Mofolo in Skrywers van Afrika. En Johan Myburg gesels onder meer oor die wenner van die Baileys-prys vir fiksie deur vroue-skrywers in sy internasionale insetsel....more47minPlay
June 07, 20177 JunIlse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar biografie QUEEN OF THE FREE STATE. Rudi van Rensburg gesels oor OP DIE SPOOR VAN, 'n bundel spanningsverhale wat hy saamgestel het. Annemarie van der Walt gesels oor die INNIBOS-boekeprogram. Die Afrika-skrywer is Camara Laye. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Pinter-prys, 'n nuwe bundel deur Alan Ginsberg en 'n veldtog deur PEN Internasionaal....more48minPlay
May 31, 201731 MayIlse Salzwedel gesels met die skrywers Irma Venter (SIRKUS) en Rudi van Rensburg (KAMIKAZE) oor hul jongste romans. Sy gesels ook met Ingred Mennen en Irene Berg oor hulle pragtige kinderboek INK. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor 'n nuwe bundel kortverhale deur Haruki Murakami, en jy kan ook luister na 'n klankopname uit die 1960's waarin wyle Sylvia Plath een van haar gedigte voorlees....more54minPlay
May 24, 201724 MaySuzette Kotze-Myburgh gesels met Malene Breytenbach oor haar werk. Ina Strydom was by die oorhandiging van die UJ-pryse vir kreatiewe skryfwerk en het met die wenners Bibi Slippers en John Miles gesels. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, onder meer oor Arundhati Roy se nuwe roman....more48minPlay
May 17, 201717 MayIlse Salzwedel gesels met Neil Sonnekus oor sy debuutroman SEUN. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor Scott Fitzgerald. En Terrance April vertel meer oor die digkuns van Augustino Neto, beter bekend as ʼn Angolese rebelleleier....more40minPlay
FAQs about Skrywers en Boeke:How many episodes does Skrywers en Boeke have?The podcast currently has 734 episodes available.