Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wie se boek 'N GOEIE DAG VIR BOOMKLIM, nou in Engels uitgegee gaan word deur 'n Britse uitgewer. Chareldine van der Merwe van die VRIENDE VAN AFRIKAANS gesels oor die organisasie se bedrywighede. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor Wolf Ehrlbruch se prys vir EEND, DOOD EN TULP, 'n kinderboek wat in talle tale vertaal is. Ook meer inligting oor die Walter Scott-prys, die Folio-prys en 'n virtuele poësiemuseum in Amsterdam.