Ilse Salzwedel gesels met Anneli Groenewald oor haar debuutroman, Die Skaalmodel, wat die debuutprys gewen het in NB se Groot Romanwedstryd 2015. Die boek speel af op Skipskop, ʼn dorpie wat deur die NP-regering onteien is om ʼn missieltoetsbaan te maak. Ilse gesels ook met dr. Lynette Jacobs van die Universiteit van die Vrystaat oor ʼn biblioteekbusprogram wat boeke na die verste uithoeke van die Vrystaat neem. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld, onder meer Astrid Lindgren se pas gepubliseerde oorlogsdagboeke.